Plasings

Wys tans plasings vanaf Augustus, 2017

'n Serpie vir die pad

Prent
Hekel ‘n veelkleurige halsdoek serp Sommer laas week vir 'n vinnige heen-en-weertjie saam met goeie vriende Mosambiek toe. In Villa Flippennice net anderkant Xai-Xai gebly en dit baie geniet. Die enigste nadeel was dat die pad baie lank was. https://www.facebook.com/FlippeniceVilla/ Oppad soontoe het ek sommer blokkies gehekel  om myself besig te hou. Oppad terug het ek my vriendin die basiese beginsels van hekel geleer en sommer vir haar 'n serpie gehekel. Ek het van driedubbel langbene gebruik gemaak met 'n lekker chunky veelkleurige wol  (ek het 1 bol gebruik) en 'n 5mm hekelpen. Hoe om die serp te hekel Hekel ‘n ketting van 20 kettingsteke. Hekel nou 4 kettings by (dit is die draai steek).  Wol oor pen 2 keer. Steek pen in die 5e kettingsteke van die pen. Wol oor pen en trek pen met wol terug deur die kettingsteek. Jy sal dan 4 lussies op jou pen hĂȘ. Wol oor pen en trek deur eerste 2 lussies op die pen. Wol oor pen en trek deur die volgende t