Plasings

Wys tans plasings vanaf Junie, 2019

Randjie vir 'n hoek-tot-hoek kombersie. (Corner to corner C2C)

Prent
So, my corner to corner kombers is uiteindelik klaar. Dit vat my twee winters om 'n kombers klaar te maak, maar die lekker daarvan is om onder die kombers warm te broei terwyl jy dit hekel. Ek het hierdie C2C met Kismet Yarns se Cascade gehekel met 'n 3,5mm naald. Ek sal dalk volgende keer 'n 4mm naald gebruik. Die eindresultaat met die variĆ«teit kleur draad is treffend en die kombers is baie warm. Ek het myne groot genoeg gehekel vir 'n kot of kleuter om nog lank te kan gebruik. Dit is selfs groot genoeg vir 'n kniekombers. Die C2C patroon is algemeen op die internet te kry. Ek kon nie op 'n  randjie besluit nie en het op die ou end my eie ontwerp. Ek plaas die patroon hieronder. Die patroon het perfek uitgewerk en het ook 'n netjiese hoek afgerond. Ek het 'n gewone roomkleur vir die rand gebruik en dit ook met 'n 3.5mm naald gehekel. RANDJIE VIR 'n C2C: Nota: Gebruik dieselfde dikte draad  in kontrasterende kleur en dieselfde nomm