Plasings

Wys tans plasings vanaf Julie, 2020

Bobbelbersie vir baba met Troosbersie daarby

Prent
Ek moes 'n skapie troosbersie vir 'n nuwe babadogtertjie maak, maar die wol was so sag, ek het sommer 'n bobbelbersie ook gemaak. Die kombersies is eintlik met die springmieliesteek gemaak, maar dit staan ook bekend as bobbelsteek. Die patroon is eintlik net 'n ander weergawe van die ouma-blokkie kombers. Omdat hierdie patroon baie wol gebruik het ek nie die bababersie soos met die troosbersie elke steek in 'n ry bobbelsteek gemaak nie, maar slegs die steek aan weerskante van elke hoek die bobbelsteek gewerk. Jy kan natuurlik hiermee speel soos jy wil, elke steek, elke 2e steek of elke 2e ry, net soos jy wil. Enige effek sal in elke geval baie mooi wees. Moeilikheidsgraad: Intermediêr Benodighede: Ek het 2x100g bolle grys en 4x 100g bolle pienk DK vir alles gebruik. (1/2 pienk en 1/2 grys vir die troosbersie, die res vir die bababersie) Die wol: Kartogo van Turkye. Elle Gold Baby DK sal 'n goeie plaasvervanger wees. 5mm hekelnaald Naald vir drade wegw

Gids na kombersgroottes

Gids na kombersgroottes: KOMBERS GROTES Breedte cm Lengte cm Liefie 25 25 Troos 36 43 Baba ontvangs 76 89 Toedraai 102 102 Kleuter 107 132 Toegooi 119 119 Wiegie/kot 114 152 Oorgooi 132 152 Driekwart/enkel 168 229 Dubbel 229 274 Koningin 244 274 Koning 274 274