Plasings

Wys tans plasings vanaf September, 2020

Veelkleurige Afghan Kombersie

Prent
Gratis Patroon - hekel   Gratis patroon  Hierdie is ‘n maklike Afghan blok babakombers. Dit is belangrik dat jy net die patroon verstaan en volg maar daar is geen vreemde steke nie.   Ek het dit met Chick baba wol gemaak (4 kleure van 2 bolle van elke kleur). Ek het een bolletjie sover as moontlik opgehekel en dan die volgende bolletjie gelas ensovoorts sodat dit veelkleurige rye is. Jy kan enige kleur of kleure gebruik solank jy die kleure heg aan die begin van 'n nuwe ry en net die patroon bly volg. Omdat die patroon so interessant is kan dit net so mooi met 1 kleur lyk. Ek het nie spanning geneem nie want jy kan enige wol en die toepaslike naaldgrootte gebruik om hierdie kombersie te hekel. En jy kan dit so groot maak soos wat jy wil. My voltooide produk was ± 115 cm.   Hekelpenne: Vir die kombersie 3.5mm en vir die rand 4mm om dit bietjie losser te laat vertoon. Afkortings: Gs           =           gl ipsteek Ks           =           kettingsteek Lb        =