Plasings

Wys tans plasings vanaf Mei, 2021

Pragtig in Pienk (Poncho met mou, poniestert mus en dasserp)

Prent
Gratis patroon vir dogtertjie van ongeveer 6-8 jaar oud Hierdie patroon is pas vir meer as een seisoen want sus groei in dit in. Benodig: 3 x 100g dubbelbrei wol in hoofkleur  (ek het Pulskein se Charity - Tiger Cerise gebruik). 1 x 100g dubbelbrei wol in kontraskleur (ek het Pulskein se Charity – be my Valentine gebruik). 5mm hekelpen (as jy baie los hekel gebruik ‘n kleiner naald). 2 merkers Wolnaald om drade weg te werk 2 krale Skêr Afkortings: Ks         =          kettingsteek Kb        =          kortbeen Lb        =          langbeen Hlb       =          halwe langbeen Gs        =          glipsteek   Enkel V-steek: 2 lb in dieselfde spasie, 1 ks  Dubbel V-steek: 2lb, 1ks, 2lb in dieselfde spasie   Metode vir Poncho: Maak 97 ks. Heg om ring te vorm. ( Tip : om seker te maak dat die stert nie draai nie, maak so ±10 ks en plaas die 1e st op jou hekelnaald. Soos die stert langer word bly die steke in plek en dit heg makliker).   Ry 1:    Maak 1ks, kb in dieselfde steek. Kb in elke