Plasings

Wys tans plasings vanaf Julie, 2021

‘n Hondejassie van Ouma Blokkies

Prent
  Gratis patroon Ek het sommer ouma blokkies begin hekel om van my oorskietwol ontslae te raak, maar toe die winter so vinnig toeslaan het dit gou ‘n ander doel gekry. Hierdie jassie is in ‘n groot mate ‘n meet-en-pas projek. Maak die jassie vir jou hondekind so groot as wat nodig is. My hondekind is ‘n mongrel en ongeveer so groot soos ‘n Spaniel. Nota : Vir kleiner hond, maak kleiner of minder blokkies. Vir groter hond, maak groter of meer blokkies. Benodighede: Dubbeldraad breiwol (oorskietstukkies) 5mm hekelnaald Wolnaald om flenters weg te werk. (My flenters is meesal sommer ingehekel). Hoe om blokkie te brei: Ek het die gewone blokkie effens verander om dit bietjie interessant te maak, maar dit staan jou vry om die gewone ouma-blokkie te maak. Sien gerus my blog: Die basiese Ouma-blokkie . AFKORTINGS: Gs        =          glipsteek Ks        =          kettingsteek Lb        =          langbeen   HOE OM TE BEGIN: 1. Begin deur ‘n glipsteek op jou naald te maak. Maak