Hekel 'n oortrektrui in enige grootte

Gratis patroon vir enige grootte. Vlak: Intermediƫr - Vir 'n meer bedrewe hekelhennetjie wat al gemaklik is om met naald, wol en steke te eksperimenteer. Hierdie patroon kan aangepas word vir enige grootte trui. Dit is 'n "hoe om te maak patroon" sonder spesifieke ry of steek aanwysings. Jy benodig wel 'n top of trui wat gemaklik pas waarteen jy jou trui gaan meet. Gebruik naaldgrootte en patroonsteek van u keuse. Ek het slegs kort- en langbene gebruik. Ek het dubbeldraadwol en 5mm naald gebruik. (Die bont wol is seker nie ideaal vir die patroon nie, maar sus is mal oor die verskillende strepe en blokpatrone.) AFKORTINGS: Gs = glipsteek Ks = kettingsteek Lb = langbeen Kb ...