Somer Bolero vir ‘n dogter
Gratis patroon. Vlak: Gevorderde beginner. Hierdie patroon is ideaal vir iemand wat graag meer as een patroonsteek wil baasraak. Hierdie bolero is vir grootte 8-10 jaar maar kan in enige grootte gehekel word deur net steke en rye te vermeerder of te verminder. Wol : Pulskein Classic 150g Naald : 5 mm (gebruik groter naald as jy styf hekel) Afkortings : Ks - kettingsteek Gs - glipsteek Kb - kortbeen Hlb - halwe langbeen (kyk gerus hoe om ‘n halwe langbeen te hekel deur na die kort video te kyk https://www.youtube.com/watch?v=9FbMBsca-BA ) Lb - langbeen (kyk gerus hoe om ‘n langbeen te hekel deur na die kort video te kyk langbeen https://www.youtube.com/watch?v=vmtu-QlyPXg ) Dblb - dubbelslag langbeen (kyk gerus hoe om hierdie steek te maak deur na die kort video te kyk h