Somer Bolero vir ‘n dogter



Gratis patroon.

Vlak: Gevorderde beginner.

Hierdie patroon is ideaal vir iemand wat graag meer as een patroonsteek wil baasraak.



Hierdie bolero is vir grootte 8-10 jaar maar kan in enige grootte gehekel word deur net steke en rye te vermeerder of te verminder.

Wol:                       Pulskein Classic 150g

Naald:                   5 mm (gebruik groter naald as jy styf hekel)

Afkortings:

Ks           -              kettingsteek

Gs           -              glipsteek

Kb           -              kortbeen

Hlb         -              halwe langbeen (kyk gerus hoe om ‘n halwe langbeen te hekel deur na        die kort video te kyk https://www.youtube.com/watch?v=9FbMBsca-BA )

Lb           -              langbeen (kyk gerus hoe om ‘n langbeen te hekel deur na die kort video te kyk langbeen https://www.youtube.com/watch?v=vmtu-QlyPXg )

Dblb       -              dubbelslag langbeen (kyk gerus hoe om hierdie steek te maak deur na die kort video te kyk https://www.youtube.com/watch?v=_tRPMC0hxgw ).

V-st        -              2lb in dieselfde steek (kyk gerus hoe om die v-steek steek te maak deur na die kort video te kyk https://www.youtube.com/watch?v=XGmUe7QtouA )

Patroon:

Ry 1        -              kortbene

Ry 2        -              halwe langbene

Ry 3        -              V-steek

Ry 4        -              kb

Ry 5        -              lb

Ry 6        -              dubbelslag langbeen

Dit is BAIE BELANGRIK dat jy jou aantal steke gereeld tel om seker te maak dat jy nie ingedagte meer of minder steke werk nie. Die getal steke bly deurentyd dieselfde tot by die mousgat.

Die kante sal on-egalig vertoon maar sodra die item aanmekaar gewerk word en die randte omgehekel word sal die kante gelyk trek.

Die ks aan die einde van elke ry tel as die 1e steek van die volgende ry.

Patroon:

Stel 152 ks op.

Ry 1:  In die 2e steek van die string, maak ‘n kb. Werk ‘n kb in elke steek van die string. Wees versigtig dat die string nie draai nie. Maak 2 ks, draai.

Ry 2:  Maak ‘n halwe lb in elke steek van die vorige ry. Maak 3 ks, draai.

Ry 3   Die 3 ks tel as die 1e lb. Maak nog ‘n ks. Skip die volgende steek en maak 2 lb in die volgende steek. *Skip 1 steek. Maak 2 lb in die volgende steek*. Herhaal ** tot aan die einde, maak 1 lb in die laaste steek. Maak 1 ks, draai.

Ry 4        -              Maak ‘n kb in elke steek van die vorige ry (150 steke) Maak 3ks. Draai.

Ry 5        -              Maak ‘n lb in elke steek van die vorige ry. Maak 4 ks, draai.

Ry 6        -              Maak ‘n dubbelslag langbeen in elke steek van die vorige ry. Maak 1 ks, draai.

Herhaal vanaf ry 1 – 6 totdat die strook ongeveer 35 cm lank is. 

Steek getal bly deurentyd 150.

Vou die strook in die breedte in die helfte. Werk so ongeveer 1 cm aan die onder weerskante toe om mousgate te vorm.

Werk 6 rye kb reg rondom die strook, sonder om te draai. Heg af.

Werk ‘n randjie van u keuse om die kante wat oop is (dit vorm die mousgate). Ek dink ‘n rand met of 4 rye kb sal mooi lyk.

My randjie was as volg:

Ry 1:    1 ry kb in elke steek.

Ry 2:    Werk ‘n rand rondom deur *1 kb, 1 lb, 1 dblb, 1 lb en 1 kb* te maak. Herhaal ** rondom.

  

  Erkenning:

Baie dankie aan die Verveelde Huisvrou vir die kort videos om die basiese steke baas te raak.  https://verveeldehuisvrou.com/

Lekker hekel!

Teken gerus gratis in met u e-pos adres om kennis te kry van enige nuwe plasings. Kontak my as u 'n gratis pdf patroon wil ontvang.


KOPIEREG © 2121 ADEVOS

Alle materiële kopiereg is die van A de Vos (Haakenhekel.blogspot.com), tensy anders vermeld. Moet asseblief nie enige van my patrone herdruk, publiseer of plaas as jou eie nie. Moet asseblief nie my foto’s gebruik as jou eie nie. Jy mag wel jou finale produk verkoop, maar nie my patrone nie.  Alle patrone word geskep om so akkuraat as moontlik te wees, maar is deur my geskryf en net deur my getoets so 'n fout kon moontlik insluip. Kontak my gerus indien u ‘n fout vind of ‘n vraag het. Plaas gerus ‘n foto van u voltooide produk.



 

 


Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Die maklikste vingerlose gebreide handskoene ooit!

Die basiese Ouma-blokkie / kombers

Gebreide sokkie patroon