Gebreide sokkie patroon














Patroon vir gebreide sokkies

Oorspronklike patroon deur ©Katarina Mushyn


Ek neem glad nie krediet vir hierdie patroon nie, en het slegs op versoek die patroon vertaal.

Ek het dus ook nie die patroon getoets nie, so doen dit gerus en laat weet asseblief as daar foute is of dit nie uitwerk nie.


Grootte 37 – 38 (5-6, medium voet) maklik om grootte te verander, sien video https://youtu.be/y20O8TO7zGw
Benodig:
Alize Lana Gold jaarn 100g – kleur A (geel) en kleur B (groen), 3.5 mm breinaalde

Afkortings:
rs = randsteek  = brei elke 1e steek van die ry aweregs om mooi af te rond
ggb = glip glip brei  = glip 2 steke na naald sonder om te brei. Brei nou hierdie twee steke tesame deur naald deur die voorkant van die twee steke te steek. Dit verminder 1 steek.
r2tes = brei regs 2 tesame
do = draad oor naald
adl = agter deur lus

Metode:
Begin deur 44 steke op naald te sit met kleur A.
*Brei 2 rye in rifsteek (r1,aw1) met kleur A.
Brei 4 rye in rifsteek (r1, aw1) met kleur B – herhaal hierdie 2 rye vanaf * 3 maal.
Brei 16 rye in rifsteek (r1, aw1) met kleur A.
Brei 12 rye in koussteek (elke ry regs) met kleur A.
Volgende ry: Heg 11 steke af, brei tot einde.
Volgende ry: Heg 11 steke af, brei tot einde = 22 steke
** Brei 40 rye koussteek met kleur A
Verander na Kleur B
Ry 1: randsteek, ggb, brei tot laaste 3 steke, r2tes, rand steek.
Ry 2: randsteek, regs tot laaste steek, randsteek.
Ry 3 – 12: Herhaal ry 1 en 2.
Ry 13: randsteek, do, brei tot laaste 1 st, do, randsteek.
Ry 14: randsteek, brei 1 adl, brei tot laaste 2 steke, brei 1 adl, randsteek.
Ry 15 – 24: Herhaal ry 13 – 14.
Herhaal vanaf ** nog een keer.
Heg steke af.
Werk vas – sien video.


Ek kan dit vir jou epos as jy jou adres in die kommentaarboks los.

Geniet!

Opmerkings

Plaas 'n opmerking

Gewilde plasings van hierdie blog

Die maklikste vingerlose gebreide handskoene ooit!

Die basiese Ouma-blokkie / kombers