Baba brei truitjie en mussie vir die Omgee-kas




Gratis patroon – Baie maklik (in Afrikaans en Engels).



Hierdie gebreide frokkie se patroon sirkuleer die wêreld vol en ek gee graag krediet aan die webwerwe waar dit te vinde is. Oorspronklik is hierdie frokkies gebrei vir pasgebore en weesbabatjies wat baie maal in koerantpapier toegedraai gevind is, vandaar die naam “fish and chip jumper”.
Ek gee dus graag hierdie patroon in Afrikaans met die voorwaarde dat dit slegs vir tuisgebruik en/of welsynsprojekte gebruik word.
Dit is baie maklik en beginners vriendelik. So, kleinsus kan vir haar babapop self ‘n truitjie brei.

Hierdie truitjie is vir enige grootte baba. Baba groei in hom in.
Indien jy kleiner naalde en 4 draad wol gebruik sal die truitjie vir ‘n pasgebore of premie baba wees.

Benodigdhede:
Ongeveer 150g 8-ply (Double knit) wol – afvalwol is ideaal
5mm of 4mm naald (afhangende of jy styf of slap brei)

Afkortings
R= regs
Aw = aweregs
Ks = koussteek – 1 ry r en 1 r aw
2te = brei 2 steke tesame
St = steke

Metode:
·         Heg aan en maak 44 steke.
·         Brei 18 rye in r2, aw2 rib.
·         Brei 30 rye koussteek (1ry r, 1 ry aw).
·         Heg 12 steke aan die begin van die volgende twee rye. Terselfdertyd skakel weer oor na rib-patroon (2r,2aw). Hierdie vorm die moue.
·         Brei nog 22 rye in ribpatroon (2r, 2aw).
·         Volgende ry: Rib 21, heg 26 steke af, rib 21 (hierdie vorm die nek).
·         Volgende ry: Rib 21, heg aan 26 steke, rib 21. (Om steke aan te heg sal u die werk moet draai, heg aan, draai werk weer terug).
·         Werk nog 22 rye in rib steek (2r,2aw).
·         Heg 12 steke aan die begin van die volgende 2 rye af.
·         Werk nou 30 rye is koussteek (1ry regs, 1 ry aweregs).
·         Werk 18 rye rib patroon (2r,2aw).
·         Heg af.
·         Werk die synate toe.

Hou ingedagte dat indien u vir die omgeekas brei, donkerder en bont kleure dalk meer van pas sal wees in plaas van ligte pastelle.

MUSSIE:
Benodigdhede:
8-ply (Double knit) wol – afvalwol is ideaal
5mm of 4mm naald (afhangende of jy styf of slap brei)

Afkortings
R= regs
Aw = aweregs
Ks = koussteek – 1 ry r en 1 r aw
2te = brei 2 steke tesame
St = steke
Metode:
·         Heg aan met 64 steke
·         Werk 14 rye in ribpatroon (r1, aw1)
·         Brei 24 rye net regs (tot ongeveer 11cm van rand af)
·         Begin die kroon vorm:
·         Ry 1 – R6, brei 2 tes, herhaal tot aan die einde van die ry (56 st)
·         Ry 2 – brei regs.
·         Ry 3 – R5, brei 2tes tot aan die einde van die ry (48st)
·         Ry 4 – brei regs.
·         Ry 5 – R4, brei 2tes tot aan die einde van die ry (40st)
·         Row 6 - brei regs
·         Hou aan om op die manier die steke te verminder totdat net 16 steke oorbly.
·         Brei 1 ry.
·         Breek die wol, los ‘n lang wolstert en ryg dit deur die steke. Trek toe en werk die synaat toe.

FISH AND CHIP BABY JUMPER/VEST
Here are the original knitting patterns which are circulated worldwide:


JUMPER/VEST:
8 Ply Yarn (double knitting)
5mm needles (tight knitters) or 4.5mm needles (loose knitters)
K = knit/plain
P = purl
·         Cast on 44 stitches
·         Work 18 Rows in K2, P2 rib
·         Work 30 Rows stocking stitch (1 row plain, 1 row purl)
·         Cast on 12 stitches at beginning of next 2 rows and at the same time change to K2, P2 (for sleeve)
·         Rib 22 more rows.
·         Next row: Rib 21, cast off 26 stitches, rib 21
·         Next row: Rib 21, cast on 26 stitches, rib 21
·         Work 22 rows in K2, P2 rib
·         Cast off 12 stiches at beginning of next 2 rows
·         Work 30 rows stocking stitch
·         Work 18 rows, K2, P2 rib
·         Cast off
They do ask that you don’t use white or baby pastels as they’re unlikely to be washed very often.

BEANIE:
8 Ply Yarn (double knitting)
5mm needles (tight knitters) or 4.5mm needles (loose knitters)
·         Cast on 64 stitches
·         Work 14 rows in (K 1, P 1) rib.
·         Knit 24 rows, or work until 11 cm from cast-edge
Shape Crown as follows:
·         Row 1    K 6 K 2 tog; repeat to end of row (56stitches)
·         Row 2    Knit.
·         Row 3    K 5, K 2 tog; repeat to end of row. (48 stitches).
·         Row 4    Knit
·         Row 5    K 4, K 2 tog; repeat to end of row (40 stitches)
·         Row 6    Knit
·         Continue decreasing in this manner until (K 1, K 2, tog) has been completed and 16 stitches remain
·         Knit 1 Row
·         Break yarn and thread through remaining 16 stitches



Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Die maklikste vingerlose gebreide handskoene ooit!

Die basiese Ouma-blokkie / kombers

Gebreide sokkie patroon