Maak 'n vinnige lap masker


Maak ‘n vinnige masker


Benodig:
katoenlap
Rek:
Vir ore 2 x 15 cm stukke
OF
Agter die kop 1 x 30 cm en 1 x 27 cm stukke

Metode:
Sny 2 stroke lap 50cm x 17cm
Vou elke lap in die helfte sodat dit 25cm x 17 cm is
Met omkapmasjien werk die sykante en onderkant toe, of sig-sag met klein sig-sag steek die kante om.

Om plooie te maak:
Merk jou lap van die onderkant af (die kant wat jy omgekap het), 3cm, 7cm en 13cm. 
Vou nou die lap van die bokant af in ‘n plooi deur die 7cm merk op die 3cm merk te plaas. (Die plooi is ongeveer 2 cm breed).
Vou nou weer die lap van die bokant af in ‘n plooi deur die 13cm merk op die7cm merk te plaas. (Die plooi is ook ongeveer 2 cm breed).




Stik nou aan die verkeerde kant langs die kant op sodat die plooie mooi vasgewerk is.




Rek vir om die ore:

Plaas die een rekkie aan die een kant onder en aan dieselfde kant aan die bokant. Sig-sag stewig vas.
Doen dieselfde met die ander rekkie aan die ander kant.
(Die masker is ruim gesny so dit kan dalk raadsaam wes om die rekkie te pas, veral vir dames kan dit dalk te los wees.)


Indien u rek eerder angter die kop wil plaas:
(My man verkies dit, die rek trek sy ore plat, sê hy.)
Plaas die langste rek aan die bokant aan weerskante agter op die lap. Sig-sag stewig vas.
Plaas die korter rek aan die onderkant aan weerskante agter op die lap. Sig-sag stewig vas.

Pars met ‘n yster plat.

As jy meer moeite wil doen, plaas die lap regte kante teenmekaar. 
Werk die onderste kant toe. 
Dop die lap om regte kante buite. Vou die kante ongeveer 1 cm na binne. 
Merk die plooie. 
Vou die plooie en steek vas. 
Plaas die rek tussen die 2 lappe. 
Werk die een sykant toe.
Plaas die rek nou aan die ander kant tussen die lappe. 
Werk die sykant toe. 
Werk die onderste kant aan die regtekant ook sodat die masker afgerond voorkom.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Die maklikste vingerlose gebreide handskoene ooit!

Die basiese Ouma-blokkie / kombers

Gebreide sokkie patroon