Die maklikste vingerlose gebreide handskoene ooit!

Gebreide patroon - gratis

Handskoen met duim

Vingerlose handskoen







Handskoen met Duim

Stel 41 steke op met 4mm naalde

(indien jy 'n effe krulrandjie wil hë, brei die 1e ry net regs).

Ry 1-12: werk in rib steek (1x regs / 1 x aweregs) 
(indien jy 'n effe krulrandjie wil hë, brei die 1e ry net regs).

Ry 13 en alternatiewe rye: aweregs

Ry 14 en ewe rye: regs      

Ry 16:    Regs 19 steke, *vermeerder 1 in volgende steek, regs 1, vermeerder 1 in volgende steek* regs 19 steke (43 steke)

Ry 20:    Regs 20 steke, *vermeerder 1 in volgende steek, regs 1, vermeerder 1 in volgende steek* regs 20 steke (45 steke)

Ry 24:    Regs 21 steke, *vermeerder 1 in volgende steek, regs 1, vermeerder 1 in volgende steek* regs 21 steke (47 steke)

Ry 28:    Regs 22 steke, *vermeerder 1 in volgende steek, regs 1, vermeerder 1 in volgende steek* regs 22 steke (49 steke)

Ry 32:    Regs 23 steke, *vermeerder 1 in volgende steek, regs 1, vermeerder 1 in volgende steek* regs 23 steke (51 steke)

Ry 32:    Regs 24 steke, *vermeerder 1 in volgende steek, regs 1, vermeerder 1 in volgende steek* regs 24 steke (53 steke)

Ry 38:    Regs 22 steke, heg 12 steke af, regs 21 steke (41 steke) (20 voor die duimsgat en 21 daarna)

Ry 39 - 59: Voltooi in rib patroon vir 20 rye

Ry 60:       Heg af en werk naat toe





Handskoene (vingerloos):

Hierdie handskoene word met rekwol gebrei, maar ek het dit ook al met gewone DK en gebrei. Die grootte van die breinaald sal dan die grootte van die handskoen bepaal.
Die handskoen word regop gebrei en wanneer toewerk word 'n opening vir die duim gelos.




Die duim word dus nie gevorm nie.


Die voordeel van die rekwol is dat dit kein lyk maar rek om bykans enige grootte hand te pas, van laerskool na hoërskool kinders, (of jouself, natuurlik).

Metode:


1 x 50g rekwol

1 x 50g langhaar wol (opsioneel, dit is vir die bokant oftewel rand van die handskoen as jy dit wil mooi maak.)


1 x 4mm breinaalde


Stel 40 steke op

Brei vir 40-50 rye in rib steek (1x regs / 1 x aweregs)

Mou-omslag:  brei 8 rye koussteek (regs)

Opsioneel: rond af met langhaarwol

Vou mou-omslag dubbeld en werk vas.

Laat opening vir duim wanneer vaswerk.



Ek gee graag krediet aan 'n tannie in die ouetehuis wat vir my die patrone gegee het.

Laat weet my asseblief as daar enige foute op die patroon voorkom.
















Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Die basiese Ouma-blokkie / kombers

Gebreide sokkie patroon