Die hexagon truitjie vir baba - Seskant baadjie vir baba




Ek gee graag krediet aan die volgende persone vir die oorspronklike truitjie.
Hexagon Granny Baby Jacket: https://www.bevscountrycottage.com/hexagon-jacket.html
- Bev's Version 3-6 month size
 Copyright 2008, 2016 Bev's Country Cottage 

Original Version on Tina's Blogspot
en mundocrochet.com


Vir diegene wat nie so goed die Engelse patroon kan volg nie, het ek dit graag vertaal:
(laat asseblief kommentaar as jy 'n fout opspoor of as jy 'n vraag het.)

Grootte:
Vir baba 3-6 maande. Die dikte van die wol en die grootte van die naald sal die grootte bepaal.

Benodig:
Hekelpen grootte 4mm

Sagte baba dubbel brei wol in twee kleure. (Ongeveer 100g in kleur A en 50g in kleur B)


Afkortings:
ks = kettingsteek
kb = kortbeen
lb = langbeen
gs = glipsteek
ry = rondte
hlb = halwe langbeen

Metode:
Maak 4ks om 'n ring te vorm.
Ry 1: Maak 3 ks (dit tel as die 1e lb), maak 2 lb binne in die ring. *Maak 2ks, maak 3 lb in die ring. Herhaal * nog 4 keer. Maak 2 ks en  heg met gs aan die 1e lb. 
(Jy moet nou 6 groepies van 3lb hê.) Hierdie is die basiese ses hoeke van jou heksagon.



Ry 2: Glipsteek tot by die 1e ks2 spasie. Ks 3, 2lb in dieselfde spasie. Ks 2, 3lb in dieselfde spasie. *Ks 1, (3lb, ks 2, 3lb) in die volgende 2ks spasie. Herhaal * nog 4 keer. Ks `1 en heg met gs aan die 1e lb.
(Jy moet nou 6 trossies hê, 6 x 2ks spasies en 6 x 1ks spasies).

Ry 3: Glipsteek tot by die 1e ks2 spasie. Ks3, 2lb in dieselfde spasie. Ks 2, 3lb in dieselfde spasie. *Ks1, 3lb in die volgende 1ks spasie. ks 1 (3lb, ks 2, 3lb) in die volgende hoek.) Herhaal van * nog 4 keer. Ks 2 en heg met gs aan die 1e 3ks steek.

Ry 4: Opsioneel: verander van kleur vir die streep. 
Gs tot by die 2ks spasie. (vorm nou die hoek). Ks3, 2lb in dieselfde spasie, ks 2, 3 lb in dieselfde spasie. *(ks 1, 3 lb in die volgende 1 ks spasie) 2 keer. Ks 1 (3lb, ks 2, 3lb) in die volgende hoek spasie. Herhaal vanaf * nog 4 keer. Ks 2 en heg met gs aan die 1e 3ks steek.

Ry 5:  Herhaal die patroon soos vasgelê in rondte 4 met 'n 1ks tussen die groepies van 3lb, behalwe in die hoeke waar 2ks tussen die groepie van 3 lb gemaak moet word.

Ry 6-10 :  Gebruik weer die hoofkleur en herhaal die patroon soos vasgestel in ry 4. Heg af.

Maak 2 pante om die 2 halwes van die baadjie te vorm.

Vou die heksagon in die helfte om die 2 kante van die baadjie te vorm. (soos in 'n L-vorm).
Hekel om werk die twee pante aanmekaar om agterste naat te vorm. (ek gebruik graag die 'oumasteek' metode dan is die middelnaat bykans glad nie sigbaar nie.

Afronding = Opsoneel:

Rond die bokant van die baadjie en die skouers af deur lb in elke steek. Laat 3 lb aan die voorkante se punt.
of 
Werk rondom die kant met die steek van jou keuse om 'n randjie te vorm.

Dit is ook opsioneel om die moue om te werk.

Mousoom:
Ry 1: Heg kontrasterende kleur aan die onderkant van die mou. ks2 (tel as halwe lb). Hlb in elke  2e steek in die ronde van die mousoom en in elke ks1 spasie. Heg in die 2ks se boonste steek.
Ry 2: Maak 'n hlb in die voorste lus van die steek en maak dan 'n hlb in die agterste lus van die volgende steek. Herhaal dit rondom die mousoom.Heg in die 2ks se boonste steek en maak 2ks om 1e hlb te vorm van die volgende ry.
Ry 3: Herhaal ry 3.. Jy sal voorsteke in die voorst hekkies maak en agtersteke in agterste hekkies. KS 1 en draai.
Ry 3: * Maak 'n kb in die volgende steek. Skip 1 steek, kb in die volgende steek. Herhaal van * al in die rondte. Heg af en werk die wolstert weg. 
Herhaal met ander wolsoom.
Baadjie se rand:
Heg die kontrasterende kleur in die middel van die baadjie agter. Maak 'n kb in elke steek rondom die baadjie se rand, ook in die 1ks spasies. By die hoeke (2kb, ks 2, 2kb) - kb tot be die einde. Heg netjies af.
Onderste rand van die baadjie:
Heg die wol in 'n hoek aan die onderkant van die baadjie. Ks 3, maak lb reg rondom tot aand ie ander kant, KS 2, draai. Herhaal of 
Maak alternatiewe voor hekkies en agterhekkies met lb reg rondom. Ks 3 aan die einde van die ry. Draai en herhaal vir nog een ry. Ks 1 en werk met kb die voorkant van die baadjie.

OF

(sien die diagram onder van mundocrochet.com). 


Werk alle wolsterte weg.






Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Die maklikste vingerlose gebreide handskoene ooit!

Die basiese Ouma-blokkie / kombers

Gebreide sokkie patroon