Maklike winter chunky slippers vir 'n man



Gratis patroon



Afkortings:

st = steke
ks = kettingsteek
gs = glipsteek
kb = kortbeen
lb = langbeen
ry = rondte

Patroon:
Hierdie patroon is vir 'n ongeveer no 9 - 10 skoen 

Ek gebruik so 1 en 1/2 bol  Chunky wol en 6 mm hekelnaald.

INDIEN U DIE SLIPPER LANGER WIL MAAK HEKEL MEER RYE TOTDAT DIE SLIPPER DIE REGTE LENGTE IS. 


Metode:

Ry 1: Maak 4 ks. (Hierdie tel as 1 lb). Gs in eerste ks en maak nog 9 lb in die steek. Heg aan 1st met gs vas. (10st)

Ry 2: Maak 3 ks (tel as lb). Maak nog lb in dieselfde st. Maak 2 lb in elke steek reg rondom. Heg aan 1st met gs vas. (20st)

Ry 3: Maak 3 ks (tel as lb). Maak  nog 1 lb in dieselfde steek. Maak dan 'n lb in die volgende drie steke en dan 2 lb in volgende steek*, herhaal reg rondom. Heg aan 1st met gs vas. (25st)

Ry 4 -11: Maak 3 ks (tel as lb). Maak lb in elke steek reg rondom. Heg met gs.


Ry 12: Maak 3 ks (tel as lb). Maak 'n lb in elke steek wat volg. (18st).

Ry 13 - 21: Draai. Maak 3 ks (tel as lb). Werk op hierdie 18 st vir die volgende rye.

Ry 22: Draai. Maak 3 ks (tel as lb). Maak 7 lb. 
(Verminder: Hekel die volgende 2 lb saam. Herhaal nog  1 keer.) Maak nog 7 lb. (16 st.) Heg af.

Dop die slipper binnekant na buite. Werk die agterste naat toe. (Ek hekel dit sommer vas met kb).

Dop slipper weer na buite. Heg wol met gs aan die agterkantste naat. Werk kb reg eweredig reg rondom. Heg met gs.

Werk die volgende rye met hlb in die agterste lus van die vorige ry kb.

Herhaal hierdie ry nog 2 keer of soveel keer as jy wil  totdat die rib breed genoeg na jou sin  is.

Kontak my asseblief indien u 'n fout vind!

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Die maklikste vingerlose gebreide handskoene ooit!

Die basiese Ouma-blokkie / kombers

Gebreide sokkie patroon