Plasings

Wys tans plasings vanaf November, 2018

Grys Brakkie Troosbersie

Prent
Dit is tyd vir babas die jaar en ek is gevra om iets vir die kleingoed te maak. Ek het twee brakkie troosbersies gemaak. Beide is gemaak van 'n lekker Chunky wol en meer as een kleur. Die kombersies kan so groot wees as wat jy hulle wil maak. Die algemene grootte vir 'n troosbersie is tussen 35cm en 45 cm. Weereens is  die bersie gemaak deur die Ouma-blok (granny square) patroon te gebruik. Sien gerus my patroon op my blog. Afkortings in hierdie patroon gebruik: gs:     glipsteek ks:     kettingsteek kb:     kortbeen rnde:    rondte 2kbtes: 2 kortbene tesame RAND: Hekel enige randjie waarvan jy hou.  Gebruik 5mm naald en kleur van jou keuse. Ek het die volgende gedoen: Ry 1: kb in elke steek van die bersie se laaste ry. Ry 2: Maak ‘n kb net in elke 2e kb van die vorige ry. Maak 5 ks tussen elke kb. Gs. Ry 3: Maak  'n trossie (kb, hlb en lb, lb, hlb, kb) in elke ks spasie. Heg af. Grys Brakkie: Die brakkie is saamgestel a

Die basiese Ouma-blokkie / kombers

Prent
Die basiese Ouma patroon is en bly maar altyd 'n wenner vir enige kombers. Dit is ook ideaal vir knie-komberse en oorskietwol en ideaal vir beginners. Hierdie is ook die basiese patroon wat ek vir troosbersies gebruik het.  (Ek sal in opvolgende skrywe verduidelik hoe ek die brakkies en olifante gemaak het.) Hierdie is my 1e poging om my patrone neer te skryf. Dit is harde werk maar dit is net die begin! Ewenwel, as jy die patroon probeer en jy kry 'n fout of hak vas, kontak my asseblief dat ek kan help of regstel. DIE BASIESE OUMA-KOMBERS: ‘n Ouma-blokkie of kombers (wat eintlik net een GROOT ouma-blokkie is, word in die rondte gewerk. Die blok vorm 4 hoeke en elke ry word herhaal totdat die kombers of blok die grootte is wat jy wil hĂȘ.  Dit is ‘n lekker kombers om te werk as jy nie baie wol van een kleur het nie. Interessante effekte kan geskep word deur met verskillende kleure wol te speel en dit te wissel.  Dit is ook ‘n lekker om sommer met verskillende ra