Plasings

Wys tans plasings vanaf Januarie, 2019

Olifant troosbersie

Prent
OLIFANT TROOSBERSIE Hier volg my patroon: Kombersie:  My grootte = 45cm x 45 cm. Jy kan hom so groot maak as wat jy wil. Die norm is egter ongeveer 36cm x 43cm vir 'n troosbersie) Hierdie kombersie is basies net 'n groot heksagoon  blokkie. (Google: Hexagon granny square). Die gevolg is dat die kombersie effens plooi. Benodig : Ek het dubbelbrei (Lollipop dubble knit) wol in 3 kleure gebruik. Naaldgrootte: 5mm 'n Merker om die rye te kan tel (ek gebruik sommer 'n paperclip). Jy kan enige wol gebruik en enige naaldgrootte gebruik. Naaldgrootte sal 'n effek op die grootte van die kombersie hê. Ek het na elke 2e ry van kleur verander. Jy kan self besluit of jy kleur wil verander en na hoeveel rye. Afkortings: Ks       =        kettingsteek kb      =        kortbeen lb       =        langbeen ...

Kleuterkombers met olifantjies op die rand

Prent
OLIFANT KLEUTERKOMBERS Benodig: Naaldgrootte: 5mm Wol: Dubbeldraad, 3 kleure van jou keuse. (Ek het dieselfde wol gebruik soos vir die olifant troosbersie (Lollipop double knit in 3) Afkortings: Ks    =      kettingsteek kb     =      kortbeen lb     =      langbeen Hlb    =       halwe langbeen gs     =      glipsteek                                              R      =      rondte/ry Ek het die kleuterkombers gehekel deur ‘n gewone granny square patroon te gebruik. (Google: Granny square blanket vir no...