Kleuterkombers met olifantjies op die rand


OLIFANT KLEUTERKOMBERS

Benodig:
Naaldgrootte: 5mm
Wol: Dubbeldraad, 3 kleure van jou keuse.
(Ek het dieselfde wol gebruik soos vir die olifant troosbersie (Lollipop double knit in 3)
Afkortings:
Ks    =      kettingsteek
kb     =      kortbeen
lb     =      langbeen
Hlb    =       halwe langbeen
gs     =      glipsteek                                             
R      =      rondte/ry

Ek het die kleuterkombers gehekel deur ‘n gewone granny square patroon te gebruik. (Google: Granny square blanket vir nog idees)
Jy is egter welkom om die hele kombersie een of twee kleure te hekel. Onthou egter net dat wol van dikte kan verskil as dit verskillende make is.

Gewone kleuterkombersies is ongeveer 107cm x 132cm. Myne is vierkantig en ongeveer 120cm x 120 cm. Jy kan die kombersie so groot maak as wat jy wil.

 Instruksies:

R1:    Ks 3, 2lb in die 1e ks, ks1. Maak nou ‘n lb trossie: *3lb in dieselfde steek, ks 1* x 3 keer. Gs in die bokant van die begin ks.
Jy behoort nou vier lb trossies te hê en 4 ks spasies in hierdie ry.
R2:    Gs in die volgende 2 steke en in die 1e ks spasie. Ks 2, 2 lb in dieselfde ks 1 spasie. *lb trossie, ks 1, lb trossie in die volgende ks 1 spasie*. Herhaal rondom.
Jy behoort nou 8 lb trossies en 4 ks spasies in hierdie ry te hê.
R3:    Gs in die volgende 2 steke en in die ks spasie. Ks 2, 2 lb in dieselfde ks 1 spasie, lb trossies in die spasie tussen die trossie van die vorige ry. *lb trossie, ks 1, lb trossie in die volgende ks spasie, lb trossies nou in die spasie tussien die trossies van die vorige ry* reg rondom. Gs in die bokant van die 1e ks.
Jy behoort nou 12 lb trossies en 4 ks spasies te hê.
R4 – en verdery rye:  Voltooi die kombers deur dieselde patroon te herhaal. Die hoeke word gewerk met 2 lb trossies met ‘n ks tussen in.
Werk ‘n lb trossie in elke spasie tussen die trossies van die vorige ry.

Wissel jou kleure aan die einde van elke 2 rye of soos verkies deur die 1e kleur se draad te sny en in te werk. Heg dan met ‘n gls die nuwe kleur aan in die 1e trossie se spasie. Begin met 3 ks en 2 lb om die 1e trossie te maak. Herhaal dan die trossies deur 2 lb te maak. Onthou die ks tussen in.

Alternatief:
Ek het 2 rye bruin en 2 rye room gewerk. Daarna het ek ‘n grys ry gewerk soos volg:
Heg aan met gs. Werk 2 kb in die ks spasie.
Maak 3 ks in plaas van die lb trossie.
Maak 2kb en 2ks en weer 2kb om die hoeke te vorm en volg dan weer met die 3 ks om die patroon te volg.
Eindig met hierdie ry. Die olifantrandjie pas mooi hierin.

 Die olifantrandjie:
Ek het op ‘n maklike patroontjie afgekom vir die olifantjies in ‘n ry. Alhoewel hierdie op ‘n fleecy kombersie gehekel is, werk dit mooi uit om dit na die laaste grys hekelrytjie te hekel.
Hier is die skakels:

https://www.ravelry.com/patterns/library/elephants-on-parade-crochet-edging Elephants on Parade Crochet Edging

Die olifant se koppie was egter vir my te klein en pap. Ek het toe die patroontjie as volg verander:

Instruksies:
(Ek het ‘n groter naald gebruik as waarmee ek die kombersie gehekel het.)

Heg aan met ‘n glipsteek en hekel 3 kettingsteke.
Hekel nog 3 langbene (dit vorm die olifant se 4 bene).
*Draai die werk om en glipsteek in die 1e twee langbene.
Draai weer die werk terug, sorg dat die gare nou agter die naald is.
In die 1e glipsteek (aan die kant by die 1e langbeen) hekel nou 1 kb, 1lb, 1kb. (dit vorm die kop), (die 2e glipsteek vorm die skof).
Hekel nou 3 kettingsteke om die slurp te vorm.
Slaan 1 spasie van die vorige ry oor en in die volgende spasie hekel 4 langbene.*
Herhaal van * tot * rondom die kombers.
Heg af deur laaste slurpie met ‘n glipstekie aan die agterste langbeen van die eerste olifantjie.

Was die kombersie met die hand en druk die randjie mooi plat.





 WENKE:

Om wol wat effe hard voel sagter te maak:

Spoel die kombersie met haarspoelmiddel (conditioner).

Dit voel sag en ruik heerlik!



Die kleuterkombers, troosbersie en 'n los olifant speelding as geskenkpak




Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Die maklikste vingerlose gebreide handskoene ooit!

Die basiese Ouma-blokkie / kombers

Gebreide sokkie patroon