Plasings

Wys tans plasings vanaf November, 2020

Riffel Lollipop troosbersie

Prent
Gratis patroon. Maklik. Nako Baby Lollipop jaarn (of enige dubbelbrei babawol van jou keuse) 1 x 100g bolle van 1 kleur of veelkleurig.  Effe kleur om rand af te rond. Lollipop is 'n veelkleuringe wol en kleure word nie geheg nie. 5mm hekelnaald (of kleiner as jy baie los hekel). Ek neem nie spanning nie omdat hierdie kombersie enige grootte kan wees. Afkortings: Ks =       kettingsteek Gs =       glipsteek Kb =      kortbeen Lb =       langbeen Groot skulpie = 2 lb, 2 ks, 2 lb  Klein skulpie = 1lb, 2 ks, 1 lb. Instruksies :   Hekel die kombersie in die rondte. Maak 2 ks in die begin van elke rondte i.p.v. 3 om 1e lb te vorm; dit lyk netjieser. Maak 6 ks. Heg met gs in die eerste ks om ring te vorm. Ry 1: Maak 2ks (tel as 1e lb) maak nog 11 lb in die ring. (12 lb) Heg met gs. Ry 2: 1 lb in dieselfde st en dan 2 lb in elke steek rondom (24 lb). Heg met gs. Ry 3: Maak 2 ks, *skip volgende lb. werk (1 lb, 2 ks, 1 lb) in die volgende steek. Herhaal van * reg

Ronde spiraal lollipop babakombersie

Prent
Gratis patroon. Hierdie kombersie word in die rondte gehekel en gaan nogal vinnig. Jy kan dit so groot of sy klein maak as wat jy wil. Dit is 'n heerlike projek om met dikker wol en naalde te hekel vir baba as 'n mat, dan kan baba sommer met die pom-poms speel. Maklik/Beginner   Benodighede: Nako Baby Lollipop jaarn (of enige dubbelbrei babawol van jou keuse) 3 x 100g bolle van 1 kleur  (Of 4 as jy die kombersie groter wil   maak.) Lollipop is 'n veelkleuringe wol en kleure word nie geheg nie. 5mm hekelnaald (of kleiner as jy baie los hekel.) Ek neem nie spanning nie omdat hierdie kombersie enige grootte kan wees. Afkortings: Ks =        kettingsteek Gs =        glipsteek Kb =        kortbeen Lb =        langbeen Instruksies: Hekel die kombersie in die rondte. Moenie die rondtes heg nie. Maak 5 ks. Heg met gs in die eerste ks om ring te vorm. Ry 1:      Maak 12 lb in die ring. Heg met gs. Ry 2:      Maak 2 lb tussen elke lb van die vorige ry met