Riffel Lollipop troosbersie




Gratis patroon.

Maklik.


Nako Baby Lollipop jaarn (of enige dubbelbrei babawol van jou keuse) 1 x 100g bolle van 1 kleur of veelkleurig. 
Effe kleur om rand af te rond.

Lollipop is 'n veelkleuringe wol en kleure word nie geheg nie.

5mm hekelnaald (of kleiner as jy baie los hekel).

Ek neem nie spanning nie omdat hierdie kombersie enige grootte kan wees.


Afkortings:

Ks =       kettingsteek

Gs =       glipsteek

Kb =      kortbeen

Lb =       langbeen

Groot skulpie = 2 lb, 2 ks, 2 lb 

Klein skulpie = 1lb, 2 ks, 1 lb.


Instruksies:  

Hekel die kombersie in die rondte.

Maak 2 ks in die begin van elke rondte i.p.v. 3 om 1e lb te vorm; dit lyk netjieser.

Maak 6 ks. Heg met gs in die eerste ks om ring te vorm.

Ry 1: Maak 2ks (tel as 1e lb) maak nog 11 lb in die ring. (12 lb) Heg met gs.

Ry 2: 1 lb in dieselfde st en dan 2 lb in elke steek rondom (24 lb). Heg met gs.

Ry 3: Maak 2 ks, *skip volgende lb. werk (1 lb, 2 ks, 1 lb) in die volgende steek. Herhaal van * reg rondom. Heg met gs in die top van 2e ks van begin van ry.

Ry 4: Gs na die 2 ks spasie. Werk (2 ks, lb, 2 ks, 2 lb) in die spasie. Werk ‘n groot skulpie *(2 lb, 2 ks, 2 lb) in die volgende 2 ks spasie. Herhaal reg rondom. Heg met gs in die top van 2e ks van begin van ry.

Ry 5: Maak 2 ks, Werk ‘n groot skulpie *(2 lb, 2 ks, 2 lb) in die volgende 2 ks spasie, lb in die volgende lb, skip volgende 2 lb, lb in die volgende st. Herhaal reg rondom. Heg.

Ry 6: Gs in die volgende st, 2 ks, lb in die volgende st. *Werk groot skulpie in die 2 ks spasie, lb in die volgende 2 lb, Skip volgende 2 st, lb in die volgende 2 lb. Herhaal van * reg rondom. Endig met skip van 2 ks.

Ry 7 - 10: Herhaal ry 6 deur 'n groot skulpie in die 2ks spasie te maak, 'n lb in elke st en deur 2 st in die V (vallei) te skip, herhaal dan weer die lb in elke steek tot by die groot skulp. (die lb in elke ry weerskante van die skulp sal vermeerder soos jy werk.

Ry 11: Gs in volgende st., 2 ks, 1 lb in volgende 2 st. * Werk klein skulpie (1 lb, 2 ks, 1 lb) in die volgende 2 ks spasie, lb in die volgende 3 st, skip 2 st, lb in die volgende 3 st. Herhaal van * reg rondom.

Jy behoort nou te kan sien hoe die patroon vorm. Hekel nou 2 rye deur die groot skulpie te werk. Werk elke 3 e ry met ‘n klein skulpie. Dit help dat die bersie nie te veel plooi nie. 

Indien jy wil hê hy moet meer plooi kan jy elke 4e ry 'n klein skulpie werk.

Indien jy wil hê hy moet minder plooi kan jy elke 2e ry 'n klein skulpie werk.

Hekel die bersie so groot as wat jy wil. Myne is ± 15 rye / ± 40 cm. (Troosbersies in gewoonlik tussen 30 en 40 cm groot).

Maak seker dat die laaste ry ‘n klein skulpie ry is en rond die bersie af deur ‘n kb in elke steek te maak met ‘n effe kleur. Ek het wit gebruik.

Maak ‘n sagte amigurumi speelding van jou keuse en heg in die middel van jou troosbersie.


Volg gerus hierdie skakel na ‘n gratis patroon van die hasie op Ravelry.com.

https://www.ravelry.com/patterns/library/bunny-lovey-parts--pieces

Maak ‘n bypassende babakombersie van dieselfde patroon of  kyk gerus na my lollipop kombers om ‘n bypassende babakombers te maak.

Kontak my gerus indien u ‘n fout vind of ‘n vraag het. Plaas gerus ‘n foto van u voltooide produk.

Lekker hekel!


© Nov 2020 - Ansie de Vos

 



Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Die maklikste vingerlose gebreide handskoene ooit!

Die basiese Ouma-blokkie / kombers

Gebreide sokkie patroon