Ronde spiraal lollipop babakombersie

Gratis patroon.

Hierdie kombersie word in die rondte gehekel en gaan nogal vinnig. Jy kan dit so groot of sy klein maak as wat jy wil.

Dit is 'n heerlike projek om met dikker wol en naalde te hekel vir baba as 'n mat, dan kan baba sommer met die pom-poms speel.

Maklik/Beginner

 Benodighede:

Nako Baby Lollipop jaarn (of enige dubbelbrei babawol van jou keuse) 3 x 100g bolle van 1 kleur 

(Of 4 as jy die kombersie groter wil  maak.)

Lollipop is 'n veelkleuringe wol en kleure word nie geheg nie.

5mm hekelnaald (of kleiner as jy baie los hekel.)

Ek neem nie spanning nie omdat hierdie kombersie enige grootte kan wees.

Afkortings:

Ks =        kettingsteek

Gs =       glipsteek

Kb =       kortbeen

Lb =        langbeen

Instruksies:

Hekel die kombersie in die rondte. Moenie die rondtes heg nie.

Maak 5 ks. Heg met gs in die eerste ks om ring te vorm.

Ry 1:      Maak 12 lb in die ring. Heg met gs.

Ry 2:      Maak 2 lb tussen elke lb van die vorige ry met ‘n ks tussen elke groepie van 2 lb (2lb, 1ks, 2lb, 1ks)

Ry 3:      Maak 2 lb in die ks spasie en 1ks en dan1 lb tussen die 2 lb van die vorige ry en 1 ks, herhaal (2lb, 1lb, 1ks, herhaal)

Ry 4:      Maak 2 lb in die ks spasie en dan ‘n ks. Skip 1 lb en maak ‘n lb in elke lb (2) van die vorige ry. Herhaal.

(hieronde kan jy sien hoe die spiraal reeds begin vorm.

Ry 5:      Maak 2 lb in die ks spasie en dan ‘n ks. Skip 1 lb steek en maak dan ‘n lb in elke lb (3) van die vorige ry tot by die volgende ks spasie. Herhaal.

Ry 6:      Maak 2 lb in die ks spasie en dan ‘n ks. Skip 1 lb steek en maak dan ‘n lb in elke lb (4) van die vorige ry tot by die volgende ks spasie. Herhaal.

 

Hierdie vorm die patroon. Elke ry se patroon sal 1 meer lb wees as die vorige ry.

Herhaal tot die grootte van die kombersie soos verlang,

 Rond die kombersie af deur 2rye kb in effe kleur (wit) om die rand te maak. (‘n kb in elke steek).

 Maak pom-poms en heg om die rand waar elke spiraal se spasie is.

 Ek het 'n loom gebruik om my pom-poms te maak maar kyk gerus na die link van hoe om pom-poms te maak:

\https://af.actince.com/hoe-om-pom-poms-te-maak/


Gaan loer gerus na my lollipop riffeltroosbersie!




 

© Nov 2020 Ansie de Vos.


Kontak my gerus indien u 'n fout vind of 'n navraag het. Lekker hekel!

 

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Die maklikste vingerlose gebreide handskoene ooit!

Die basiese Ouma-blokkie / kombers

Gebreide sokkie patroon