Plasings

Wys tans plasings vanaf Junie, 2022

Ken en Barbie (2) Barbie: Warm Winterpakkie (Los oortrui, romp, hoed, skoene en serp)

Prent
 Gratis Breipatroon. Vlak: Maklik tot Intermediër  (Moet kan verminder en vermeerder, afheg en aanheg en in meer as een steek kan brei). Barbie: Warm Winterpakkie (Los oortrui, romp, hoed, skoene en serp) OORTRUI Benodig : 3.75mm en 4mm breinaalde Dubbeldraad jaarn in kleur van u keuse (2 kleure van dieselfde dikte jaarn as u ‘n streeptrui wil brei) Agterpant en Voorpant : 1.        Met 4mm breinaalde , stel 18 steke op en werk in ribsteek (regs 1, aweregs 1) vir 3 rye. 2.        Brei verder vir 16 rye in koussteek (1 ry regs, 1 ry aweregs). (as jy graag ‘n streeptrui wil brei, brei 4 rye in kleur A en dan 4 rye in kleur B. Herhaal.) 3.        Heg ‘n merker aan weerskante om die armholte aan te dui, 4.        Werk nog 8 rye in die patroon steek. 5.        Heg 4 steke af van die begin van die volgende ry. Brei aweregs 10 steke (nekband), brei die laaste 4 steke regs. 6.        Heg 4 steke af aan die begin van die volgende ry. Brei aweregs 10 steke. 7.        Brei die volgende ry regs en

Ken en Barbie (1) Gemak-drag: Broek en Oortrui

Prent
Gratis Breipatroon. Vlak: Maklik tot Intermediër  (Moet kan verminder en vermeerder, afheg en aanheg en in meer as een steek kan brei). Gemak-drag: Broek en Oortrui Ken se uitrusting: Broek Materiaal: Enige effekleur dubbeldraad jaarn 1 paar gewone breinaalde 4 mm en 4.5 mm. Spanning: 6 steke = 2.5cm Die broek word van bo af ondertoe gebrei. Die merker eindig die bokant van die broek en daarna veminder jy die been na onder. ·         Maak 14 steke en brei rib (1 regs, 1 awewregs) vir 4 rye. ·         Brei koussteek (1 ry regs, 1 ry aweregs) en vermeerder 1 steek aan weerskante van elke 4e ry, 3 keer (20 steke). ·         Brei verder in kousssteek totdat die pant 7½ cm lank is. Eindig met ‘n aweregs ry. ·         Plaas ‘n merker aan die begin van die volgende ry. ·         Verminder as volg: *Brei regs 1, brei 2 tesame. Bei regs tot by die laaste 3 steke. Brei 2 tesame, regs 1. ·         Brei 5 rye koussteek.* ·         Herhaal van * tot * nog 3 keer. ·