Ken en Barbie (1) Gemak-drag: Broek en Oortrui

Gratis Breipatroon.

Vlak: Maklik tot Intermediër 

(Moet kan verminder en vermeerder, afheg en aanheg en in meer as een steek kan brei).


Gemak-drag: Broek en Oortrui

Ken se uitrusting:

Broek

Materiaal: Enige effekleur dubbeldraad jaarn

1 paar gewone breinaalde 4 mm en 4.5 mm.

Spanning: 6 steke = 2.5cm

Die broek word van bo af ondertoe gebrei. Die merker eindig die bokant van die broek en daarna veminder jy die been na onder.

·        Maak 14 steke en brei rib (1 regs, 1 awewregs) vir 4 rye.

·        Brei koussteek (1 ry regs, 1 ry aweregs) en vermeerder 1 steek aan weerskante van elke 4e ry, 3 keer (20 steke).

·        Brei verder in kousssteek totdat die pant 7½ cm lank is. Eindig met ‘n aweregs ry.

·        Plaas ‘n merker aan die begin van die volgende ry.

·        Verminder as volg:
*Brei regs 1, brei 2 tesame. Bei regs tot by die laaste 3 steke. Brei 2 tesame, regs 1.

·        Brei 5 rye koussteek.*

·        Herhaal van * tot * nog 3 keer.

·        Brei verder in koussteek totdat die verlangde lente van die broek verkry is (kortbroek, kuitbroek of langbroek).

·        Brei 2 rye ribsteek (opsioneel, kan in koussteek afeindig).

·        Bind af met die groter nommer breinaald.

·        Rond af deur die agterste en die voorste naat tot by die merker toe te werk.

·        Werk nou die synaat van elke been toe.

·        Was en blok soos nodig.

Ken oortrui

Materiaal: Enige effekleur 3-draad jaarn

Gewone breinaalde 3 mm en 3.5 mm.

Spanning: 5 steke = 1cm (Gebruik eerder ‘n groter naald as nodig, die top moet los sit.

Die voorpant en agterpant word aaneen gebrei en net die synate word toegewerk.

Metode:

Stel 30 steke op met 3mm naalde.

·        Brei 4 rye reksteek (brei alle rye regs).

·        Brei nou koussteek (1 ry regs, 1 ry aweregs) totdat die werk omtrent  7 ½ cm vanaf die begin is.

·        Brei nou verder in reksteek.

·        Stel 15 steke op aan die kant op. Draai die naald en brei die ry uit.

·        Stel weer 15 steke aan die kant op, draai die naald en brei die rye uit. (60 steke)

·        Brei in reksteek vir ongeveer 4 cm.

Vorm die bootnek:

·        Brei 22 steke. Heg 16 steke af. Brei 22 steke.

·        Brei 22 steke, draai werk, stel 16 steke op, draai werk en brei die 16 en die oorblywende 22 steke.

Brei nou die agterpant as weerspieëling van die voorkant.

·        Brei in reksteek vir ongeveer 4 cm.

Brei verder in koussteek.

·        Heg af met groter naald: 15 steke aan weerskante van die volgende 2 rye (30 steke).

·        Gebruik weer die kleiner naald en brei dieselfde hoeveelheid rye koussteek as vir die voorkant.

·        Brei 4 rye reksteek.

·        Eindig af met groter naald.

·        Werk die synate toe.

·        Was en blok soos nodig.

 

Barbie se uitrusting:

Broek

Materiaal: Enige effekleur dubbeldraad jaarn

Gewone breinaalde 3 mm en 3.5 mm.

Die broek word van bo af ondertoe gebrei. Die merker is die einde van die bokant en daarna veminder jy die been na onder.

·        Maak 14 steke en brei rib (1 regs, 1 awewregs) vir 4 rye.

·        Brei koussteek (1 ry regs, 1 ry aweregs) en vermeerder 1 steek aan weerskante van elke 4e ry, 3 keer (20 steke).

·        Brei verder in kousssteek totdat die pant 6 ½ cm lank is. Eindig met ‘n aweregs ry.

·        Plaas ‘n merker aan die begin van die volgende ry. Verminder as volg:
*Brei regs 1, brei 2 tesame. Bei regs tot by die laaste 3 steke. Brei 2 tesame, regs 1.

·        Brei 5 rye koussteek.*

·        Herhaal van * tot * nog 3 keer. (14 steke)

·        Brei in koussteek tot solank jy die broek wil hê (kortbroek, kuitbroek of langbroek).

·        Brei 2 rye ribsteek. (opsioneel).

·        Bind af met ‘n groter nommer naald.

·        Rond af deur die agterste en die voorste naat tot by die merker toe te werk.

·        Werk nou die synaat van elke been toe.

·        Was en blok soos nodig.

Barbie oortrui

Materiaal: Enige effekleur 4-draad jaarn

Gewone breinaalde 2.5 mm en 3mm.

Spanning: 5 steke = 1cm (Gebruik eerder ‘n groter naald as nodig, die top moet los sit.

Die voorpant en agterpant word aaneen gebrei en net die synate word toegewerk.

Metode:

Stel 28 steke op met 3mm naalde.

·        Brei 4 rye reksteek (brei alle rye regs).

·        Brei nou koussteek (1 ry regs, 1 ry aweregs) totdat die werk omtrent  6 ½ cm vanaf die begin is.

·        Brei nou verder in reksteek.

·        Stel 10 steke aan die kant op. Draai die naald en brei die ry uit.

·        Stel weer 10 steke aan die kant op, draai die naald en brei die rye uit. (48 steke)

·        Brei in reksteek vir ongeveer 4 cm.

Vorm die bootnek:

·        Brei16 steke. Heg 16 steke af. Brei 16 steke.

·        Brei 16 steke, draai werk, stel 16 steke op, draai werk en brei die 16 en die oorblywende 16 steke uit.

Brei nou die agterpant as weerspieëling van die voorkant.

·        Brei in reksteek vir ongeveer 4 cm.

Brei verder in koussteek.

·        Heg af met groter naald: 10 steke aan weerskante van die volgende 2 rye (28 steke).

·        Gebruik weer die kleiner naald en brei dieselfde hoeveelheid rye koussteek as vir die voorkant.

·        Brei 4 rye reksteek.

·        Eindig af met groter naald.

·        Werk die synate toe.

·        Was en blok soos nodig.

 Lekker Brei! ♥

Teken gerus gratis in met u e-pos adres om kennis te kry van enige nuwe plasings. 

Kontak my as u 'n pdf patroon @R20 wil ontvang.

Alle patrone word geskep om so akkuraat as moontlik te wees, maar is deur my geskryf en net deur my getoets so 'n fout kon moontlik insluip. Kontak my gerus indien u ‘n fout vind of ‘n vraag het. Plaas gerus ‘n foto van u voltooide produk.

KOPIEREG ©2022-ADEVOS

Alle materiële kopiereg is die van A. de Vos (Haakenhekel.blogspot.com), tensy anders vermeld. Moet asseblief nie enige van my patrone herdruk, publiseer of plaas as jou eie nie. Moet asseblief nie my foto’s gebruik as jou eie nie. Jy mag wel jou finale produk verkoop, maar nie my patrone nie.  


Opmerkings

Plaas 'n opmerking

Gewilde plasings van hierdie blog

Die maklikste vingerlose gebreide handskoene ooit!

Die basiese Ouma-blokkie / kombers

Gebreide sokkie patroon