Ken en Barbie (2) Barbie: Warm Winterpakkie (Los oortrui, romp, hoed, skoene en serp)

 Gratis Breipatroon.

Vlak: Maklik tot Intermediër 

(Moet kan verminder en vermeerder, afheg en aanheg en in meer as een steek kan brei).

Barbie: Warm Winterpakkie (Los oortrui, romp, hoed, skoene en serp)


OORTRUI

Benodig:

3.75mm en 4mm breinaalde

Dubbeldraad jaarn in kleur van u keuse

(2 kleure van dieselfde dikte jaarn as u ‘n streeptrui wil brei)

Agterpant en Voorpant:

1.       Met 4mm breinaalde , stel 18 steke op en werk in ribsteek (regs 1, aweregs 1) vir 3 rye.

2.       Brei verder vir 16 rye in koussteek (1 ry regs, 1 ry aweregs).

(as jy graag ‘n streeptrui wil brei, brei 4 rye in kleur A en dan 4 rye in kleur B. Herhaal.)

3.       Heg ‘n merker aan weerskante om die armholte aan te dui,

4.       Werk nog 8 rye in die patroon steek.

5.       Heg 4 steke af van die begin van die volgende ry. Brei aweregs 10 steke (nekband), brei die laaste 4 steke regs.

6.       Heg 4 steke af aan die begin van die volgende ry. Brei aweregs 10 steke.

7.       Brei die volgende ry regs en vermeerder 1 steek aan weerskante van die ry.

8.       Brei die volgende ry aweregs (12 steke).

9.       Heg af met groter naald.

Brei 2 pante, voor en agter.

Moue:

Brei 2 moue.

1.       Werk die skouernaat toe.

2.       Met 4mm naalde, tel 12 steke op tussen die merkers. Werk in koussteek en streeppatroon vir 20 rye (daar moet 3 rye van kleur A wees).

3.       Brei 3 rye in ribsteek (kleur B).

4.       Heg af in ribsteek.

Afronding:

Werk die sy en mounate toe. 

Opsioneel: Vou die voorste nekband effe oor na die verkeerde kant en soom met ‘n growwe steek in kontrasterende kleur as wat die laaste ry was om ‘n interessante riffel nekkie te maak.

Was en blok.

ROMP:

3.5 mm breipenne

Dubbeldraad jaarn in kleur van u keuse

1.       Stel 24 steke en brei rib (1 regs, 1 awewregs) vir 3 rye.

2.       Brei koussteek (1 ry regs, 1 ry aweregs) en vermeerder 1 steek aan weerskante van die volgende ry.

3.       Brei die volgende ry aweregs.

4.       Brei 10 steke, vermeerder 1 steek in die volgende steek. Brei 4 steke. Vermeerder 1 steek in die volgende steek. Brei 10 steke.

5.       *Brei 3 rye in koussteek.

6.       Brei 10 steke, vermeerder 1 steek in die volgende steek. Brei nou 6 steke. Vermeerder 1 steek in die volgende steek. Brei 10 steke.*

7.       Herhaal hierdie patroon **, hou ingedagte dat die middelste pant tussen die 2 steke waar vermeerder word, elke keer met 2 meer sal word. (die maklikste is om te brei tot by die laaste 11 steke, te vermeerder en dan 10 steke te brei. Herhaal totdat daar 34 steke op die naald is.

8.       Brei verder in koussteek  en vermeerder nou slegs elke 10de  ry.

9.       Brei verder totdat die romp die verlengde lengte is wat jy wil brei, (jy kan die romp korter hou (mini), midi brei of langer brei (maxi)). Die midi was ongeveer 12cm.

10.    Brei 4 rye reksteek (brei alle rye regs). Eindig met ‘n regs ry.

11.    Heg regs af met die aweregs ry om die aweregs riffel aan die voorkant te kry..

12.    Rond af deur die naat agter toe te werk..

13.    Was en blok soos nodig.

14.    Wanneer die pop aangetrek word kan die moue omgevou word, of nie.

HOED:

4 mm breipenne

Dubbeldraad jaarn in kleur van u keuse

1.       Met 4 mm naalde heg 24 steke aan en brei in ribsteek vir 2 rye.

2.       Brei 6 rye koussteek.

3.       *brei 2 tesame oor die hele ry.

4.       Brei volgende ry aweregs.*

5.       Herhaal ** nog 2 keer. (3 steke)

6.        Knip wol af maar los ‘n 20cm wolstert.

7.       Ryg die sterk deur ‘n wolnaald en ryg die draad deur die laaste 3 steke. Trek styf toe.

8.       Werk die agterste naat toe.

Optioneel: Maak klein pom-pom en werk aan mus vas.

STEWELS (kort of lank):

3.5 mm breipenne

Dubbeldraad jaarn in kleur van u keuse

1.       Stel 12 steke op en brei 2 rye regs.

2.       Brei in koussteek 20 rye vir lang stewels of 10 rye vir kort stewels (of rol net die lang stewel af).

3.       Brei 2 steke tesame oor die hele ry (6 steke).

4.       Brei volgende ry aweregs.

5.       Brei 2 steke tesame oor die hele ry (3 steke).

6.       Brei volgende ry aweregs.

7.       Glip1, brei 2 tesame, plaas glipsteek oor (1 steek op naald).

8.       Knip jaarn af en los wolstert om toe te werk.

9.       Trek wolstert deur steek en werk naat toe.



Lekker Brei! ♥

Teken gerus gratis in met u e-pos adres om kennis te kry van enige nuwe plasings. 

Kontak my as u 'n pdf patroon @R20 wil ontvang.

Alle patrone word geskep om so akkuraat as moontlik te wees, maar is deur my geskryf en net deur my getoets so 'n fout kon moontlik insluip. Kontak my gerus indien u ‘n fout vind of ‘n vraag het. Plaas gerus ‘n foto van u voltooide produk.

KOPIEREG ©2022-ADEVOS

Alle materiële kopiereg is die van A. de Vos (Haakenhekel.blogspot.com), tensy anders vermeld. Moet asseblief nie enige van my patrone herdruk, publiseer of plaas as jou eie nie. Moet asseblief nie my foto’s gebruik as joune nie.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Die maklikste vingerlose gebreide handskoene ooit!

Die basiese Ouma-blokkie / kombers

Gebreide sokkie patroon