Plasings

Wys tans plasings vanaf Maart, 2022

Poniestert loergaatjie mussie vir 'n dogtertjie

Prent
  Gratis patroon Hier benodig jy ‘n haarrekkie (nie te groot nie). Maak 50 kb om die haarrekkie. Ry 1:    Maak ‘n kb in elke steek. Ry 2:    Maak 2ks. *Maak kb in 1e st, 2kb in volgende  st* Herhaal reg rondom. Ry 3: Maak 2ks. Maak lb in dieselfde st. *Maak lb in volgende 3 st. Maak 2 lb in volgende steek.* rondom.  Heg. Ry 4:    Maak 2ks. Maak 2 lb in dieselfde st. *Skip 3 st. Maak 3 lb in volgende st.* Herhaal rondom om trossie patroon te kry. Heg. Ry 5:    Maak 2ks en 2lb in dieselfde spasie. Maak nou ‘n trossie van 3 lb in elke spasie tussen die vorige ry se trossies. Herhaal reg rondom. Ry 6-13: Herhaal hierdie patroon vir die 7e rye. RY 14: Heg kontraskleur en herhaal die patroon. Ry 15: Maak 1lb, 1kb, 1 lb in elke spasie tussen die trossies en ‘n kb in elke st van die vorige ry se trossie om die kartelrandjie te vorm. Heg af. Werk ‘n blom of 'n groot knoop aan vir versiering.

Oortrek rokkie met engelvlerkie-moutjies

Prent
Gratis patroon Ouderdom 3-5 jr Vlak: Intermediër   Hierdie rokkie word van bo af na onder gehekel. Benodigdhede: ± 200 g dubbeldraad wol (ek het Charity Pulskein se Fuchia gebruik met afvalwol om die erge pienk te breek). 5 mm hekelnaald Skêr en wolnaald om enige drade weg te werk. Wenk: Wanneer jy jou begin ketting maak en jy wil nie hê dat jou ketting moet draai nie, maak so ongeveer 10 kettingsteke en haak dan die punt van die ketting aan die agterkant van jou hekelpen. So vorm dit dan ‘n “loop” wat nie gedraai is nie.   Afkortings : Ks            -               kettingsteek Gs            -               glipsteek Kb            -               kortbeen Lb            -               langbeen Skulpie      -               2lb in dieselfde steek, 2 ks, 2 lb in dieselfde steek   Metode : Maak 76 kettingsteke. Ry 1:     Maak ‘n kb in die 2e ks van die naald en in elke steek tot aan die einde van die ketting. (75 st) Ry 2:     Maak 2 ks, draai. Maak

Geplooide Troetelbersie met Beertjie

Prent
  Gratis patroon. Haakenhekel.blogspot.com Vlak: Gevorderde beginner  Elle  Colour Crush (of enige dubbelbrei wol van jou keuse) 1 x 100g bolle van veelkleurige wol. Kan ook in 1 kleur gedoen word.  Effe kleur om rand af te rond. Elle Colour Crush is 'n veelkleurige wol en kleure word nie geheg nie. 5 mm of 5.5 mm hekelnaald Ek neem nie spanning nie omdat hierdie kombersie enige grootte kan wees. Afkortings: Ks =       kettingsteek Gs =       glipsteek Kb =      kortbeen Lb =       langbeen St =        steke Groot skulpie (of v-steek) = 2 lb, 2 ks, 2 lb  Nota: Die kombersie word in die rondte gehekel en vorm puntjies deur skulpies te hekel. Maak 2 ks in die begin van elke rondte i.p.v. 3 om 1e lb te vorm; dit lyk netjieser. Instruksies :   Begin deur 6 ks te maak. Heg met gs in die eerste ks om ring te vorm.  (Indien u die "magic ring" metode ken, kan u begin deur 12 lb in die "magic ring"  te maak. Heg met gs. Dit tel as ry 1.) Ry 1: Maak 2ks (tel as 1e lb) maa