Poniestert loergaatjie mussie vir 'n dogtertjie

 

Gratis patroon

Hier benodig jy ‘n haarrekkie (nie te groot nie).

Maak 50 kb om die haarrekkie.

Ry 1:    Maak ‘n kb in elke steek.

Ry 2:    Maak 2ks. *Maak kb in 1e st, 2kb in volgende  st* Herhaal reg rondom.

Ry 3: Maak 2ks. Maak lb in dieselfde st. *Maak lb in volgende 3 st. Maak 2 lb in volgende steek.* rondom.  Heg.

Ry 4:    Maak 2ks. Maak 2 lb in dieselfde st. *Skip 3 st. Maak 3 lb in volgende st.* Herhaal rondom om trossie patroon te kry. Heg.

Ry 5:    Maak 2ks en 2lb in dieselfde spasie. Maak nou ‘n trossie van 3 lb in elke spasie tussen die vorige ry se trossies. Herhaal reg rondom.

Ry 6-13: Herhaal hierdie patroon vir die 7e rye.

RY 14: Heg kontraskleur en herhaal die patroon.

Ry 15: Maak 1lb, 1kb, 1 lb in elke spasie tussen die trossies en ‘n kb in elke st van die vorige ry se trossie om die kartelrandjie te vorm. Heg af.

Werk ‘n blom of 'n groot knoop aan vir versiering.




Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Die maklikste vingerlose gebreide handskoene ooit!

Die basiese Ouma-blokkie / kombers

Gebreide sokkie patroon