Oortrek rokkie met engelvlerkie-moutjies

Gratis patroon

Ouderdom 3-5 jr

Vlak: Intermediër

 Hierdie rokkie word van bo af na onder gehekel.

Benodigdhede:

± 200 g dubbeldraad wol (ek het Charity Pulskein se Fuchia gebruik met afvalwol om die erge pienk te breek).

5 mm hekelnaald

Skêr en wolnaald om enige drade weg te werk.

Wenk:

Wanneer jy jou begin ketting maak en jy wil nie hê dat jou ketting moet draai nie, maak so ongeveer 10 kettingsteke en haak dan die punt van die ketting aan die agterkant van jou hekelpen. So vorm dit dan ‘n “loop” wat nie gedraai is nie.

 Afkortings:

Ks           -              kettingsteek

Gs           -              glipsteek

Kb           -              kortbeen

Lb           -              langbeen

Skulpie     -              2lb in dieselfde steek, 2 ks, 2 lb in dieselfde steek

 Metode:

Maak 76 kettingsteke.

Ry 1:    Maak ‘n kb in die 2e ks van die naald en in elke steek tot aan die einde van die ketting. (75 st)

Ry 2:    Maak 2 ks, draai. Maak ‘n kb in elke kb van die vorige ry.

Ry 3:    Maak 2 ks, draai. Maak ‘n lb in die 1e steek en in die volgende 2 steke. Maak 2 lb in die volgende steek. *Maak dan lb in die volgende 3 steke en weer 2 lb in die volgende st*. Herhaal ** tot aan die einde (93 st).

Ry 4:    Maak 2 ks, draai. Maak ‘n lb in die 1e st en die volgende 3 st en 2 lb in die volgende st. *Maak ‘n lb in die volgende 4 st en 2 lb in die volgende st.* Herhaal ** tot aan die einde. Eindig me ‘n lb in die bokant van die 2 ks van die vorige ry (112 st).

Ry 5:    Maak 2 ks, draai. Maak ‘n lb in die 1e st en die volgende 4 st en 2 lb in die volgende st. *Maak ‘n lb in die volgende 5 st en 2 lb in die volgende st.* Herhaal ** tot aan die einde. Eindig me ‘n lb in die bokant van die 2 ks van die vorige ry (131 st).

Ry 6:    Hierdie ry vorm die moutjies se randjie:

Maak 2 ks, draai. Maak ‘n lb in dieselfde st en die volgende 5 st en 2 lb in die volgende st. Maak ‘n lb in die volgende 6 st en 2 lb in die volgende st. Maak ‘n lb in die volgende st. *Skip 1 st. maak ‘n skulpie (2lb, 2ks, 2lb) in die volgende st*. Herhaal ** nog 17 keer. Skip volgende st. Maak  lb in die volgende 5 st en 2 lb in die volgende st. (Maak 6 lb en dan 2 lb in die volgende st) 3 keer. *Skip 1 st. maak ‘n skulpie (2lb, 2ks, 2lb) in die volgende st*. Herhaal ** nog 17 keer. (maak 6 lb en dan 2 lb in die volgende st) 2 keer.  Eindig me ‘n lb in die bokant van die 2 ks van die vorige (36 skulpies en 66 lb).

Ry 7:    Hierdie ry vorm die mousgat:

Maak 2 ks, draai. Maak ‘n lb in dieselfde st en die volgende 17 st. maak 7 ks. Skip die 18 skulpies. Maak lb in die volgende 31 st. Maak weer 7 ks. Skip die 18 skulpies. Maak ‘n lb in die volgende 17 st. Eindig me ‘n lb in die bokant van die 2 ks van die vorige ry (67 lb en 2 x 7 ks spasies).

Ry 8:    Maak 2 ks, draai. Maak ‘n lb in dieselfde st en in die volgende steke. Maak lb in elke ks van die vorige ry. Herhaal deur lb in elke st en in elke ks te maak tot aan die einde van die ry (81 lb).

Ry 9. Maak 2 ks, draai. Maak ‘n lb in dieselfde st. Begin nou skulpie ry van rokkie deur skulpie *(2lb, 2ks, 2lb) in die volgende st te maak en dan 1 st te skip*. Herhaal ** tot aan die einde van die ry. Eindig die ry met 1 lb in die bokant van die 2 ks van die vorige ry.

Ry 10: Herhaal ry 9 met die skulpie patroon maar moenie draai nie. Werk nou die rompie van die rokkie aanmekaar. In die begin van ‘n nuwe ry, sorg dat jy gs tot by die skulpie en maak 2 ks om die 1e lb van die skulpie te vorm. Voltooi dan die skulpie ry soos bo.

Herhaal ry 10 tot die verlangde lengte van die rokkie verkry is.

Nota:

Jy kan enige tyd van kleur verander, soos jy wil. Of gebruik net 1 kleur. 

Maak die rokkie korter vir ‘n toppie of so lank as jy wil.

Poplap se rokkie is 15 rye van onder die armpies af, dan 6 rye van kontrasterende kleur, dan weer 5 rye pienk. So 26 rye in totaal van onder die armpies af om tot net onder die knieg te hang.

Afronding:

o   Werk die kante van die moutjies en die onderkant van die rokkie om met ‘n ry kb in ‘n kontrasterende kleur.

o   Maak ‘n blom van jou keuse en werk voor op die rokkie vas.

o   Werk 2 of 3 knopies aan die bostuk van die rokkie om vas te maak. Geen knoopsgate is nodig want die knopies heg deur die steke vas.

Lekker hekel! ♥

Teken gerus gratis in met u e-pos adres om kennis te kry van enige nuwe plasings. 

Kontak my as u 'n pdf patroon @R20 wil ontvang.

Alle patrone word geskep om so akkuraat as moontlik te wees, maar is deur my geskryf en net deur my getoets so 'n fout kon moontlik insluip. Kontak my gerus indien u ‘n fout vind of ‘n vraag het. Plaas gerus ‘n foto van u voltooide produk.

KOPIEREG © 2121 ADEVOS

Alle materiële kopiereg is die van A de Vos (Haakenhekel.blogspot.com), tensy anders vermeld. Moet asseblief nie enige van my patrone herdruk, publiseer of plaas as jou eie nie. Moet asseblief nie my foto’s gebruik as jou eie nie. Jy mag wel jou finale produk verkoop, maar nie my patrone nie.  

 

 

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Die maklikste vingerlose gebreide handskoene ooit!

Die basiese Ouma-blokkie / kombers

Gebreide sokkie patroon