Geplooide Troetelbersie met Beertjie

 Gratis patroon.

Haakenhekel.blogspot.com

Vlak: Gevorderde beginner 


Elle  Colour Crush (of enige dubbelbrei wol van jou keuse) 1 x 100g bolle van veelkleurige wol. Kan ook in 1 kleur gedoen word. 
Effe kleur om rand af te rond.



Elle Colour Crush is 'n veelkleurige wol en kleure word nie geheg nie.

5 mm of 5.5 mm hekelnaald

Ek neem nie spanning nie omdat hierdie kombersie enige grootte kan wees.







Afkortings:

Ks =       kettingsteek

Gs =       glipsteek

Kb =      kortbeen

Lb =       langbeen

St =        steke

Groot skulpie (of v-steek) = 2 lb, 2 ks, 2 lb 

Nota:

  • Die kombersie word in die rondte gehekel en vorm puntjies deur skulpies te hekel.
  • Maak 2 ks in die begin van elke rondte i.p.v. 3 om 1e lb te vorm; dit lyk netjieser.

Instruksies:  

Begin deur 6 ks te maak. Heg met gs in die eerste ks om ring te vorm. (Indien u die "magic ring" metode ken, kan u begin deur 12 lb in die "magic ring"  te maak. Heg met gs. Dit tel as ry 1.)

Ry 1: Maak 2ks (tel as 1e lb) maak nog 11 lb in die ring. (12 lb) Heg met gs. Maak 2 ks, dit tel as 1e lb.

Ry 2: Maak 1 lb in dieselfde st en dan 2 lb in elke steek rondom (24 lb). Heg met gs. 

Ry 3: Maak 2 ks, *skip volgende lb. Werk (1 lb, 2 ks, 1 lb) in die volgende steek. Herhaal van * reg rondom. Maak 1 lb en 2 ks in dieselfde spasie as die 1e 2ks. Heg met gs in die top van 2e ks. (24 lb of 12 klein skulpies).

Ry 4: Gs na die 2 ks spasie. Werk (2 ks,  1 lb, 2 ks, 2 lb) in die spasie. Werk ‘n groot skulpie *(2 lb, 2 ks, 2 lb) in die volgende 2 ks spasie*. Herhaal ** reg rondom. Heg met gs in die top van 2e ks van begin van ry. (48 lb of 12 groot skulpies).

Ry 5:  Gs na die 2 ks spasie. Maak 2 ks, 1 lb, 2 ks, 2 lb in die spasie. Maak lb in die volgende st, skip volgende 2 st, lb in die volgende st. Werk ‘n groot skulpie *(2 lb, 2 ks, 2 lb) in die volgende 2 ks spasie, lb in die volgende lb, skip volgende 2 st, lb in die volgende st*. Herhaal ** reg rondom. Heg.  (Dit gaan amper lyk asof jou skulpe 3 steke aan elke kant het.)

Ry 6: Gs na die 2 ks spasie. Maak 2 ks, 1 lb, 2 ks, 2 lb in die spasie. Maak lb in die volgende 2 lb, skip 2 lb, maak 1 lb in die volgende 2 st. Maak 2 lb, 2 ks, 2 lb (groot skulp) in die spasie. Maak lb in die volgende 2 lb, skip 2 lb, maak lb in die volgende 2 st. Herhaal van * reg rondom. (Dit gaan nou amper lyk asof skulpe 4 steke aan elke kant het.)

Jy behoort nou te kan sien hoe die patroon vorm. 

Ry 7 - 15: Herhaal ry 6 deur 'n groot skulp in die 2ks spasie te maak, 'n lb in elke st en dan  die 2 st in die V-vorm (vallei) te skip, herhaal dan weer die lb in elke steek tot by die groot skulp. (Die hoeveelheid lb in elke ry weerskante van die skulp sal vermeerder soos jy werk.

Indien jy 'n kombersie wil maak wat minder plooi kyk gerus na my Lollipop Riffelbersie; gratis patroon op my blog.

Hekel die bersie so groot as wat jy wil. Myne is 16 rye / ± 40 cm. (Troosbersies in gewoonlik tussen 30 en 45 cm groot).

Rond die bersie af deur ‘n kb in elke steek te maak met ‘n effe kleur. In die spasies maak jy 2 kb.

Alternatief:

In die onderste voorbeeld van die kombersie het ek i.p.v. 2 kb in die spasies, 'n picot gemaak. Maak picot soos volg:

Maak 1 kb, maak 3 ks, maak 1 kb.

Haakenhekel.blogspot.com


Haakenhekel.blogspot.com

Maak ‘n sagte amigurumi speelding van jou keuse en heg in die middel van jou troosbersie.

Volg gerus hierdie skakel na ‘n gratis patroon van die beertjie op Ravelry.com

https://www.ravelry.com/patterns/library/lovey-blanket-bear-security-blanket-teddy 

Haakenhekel.blogspot.com

Die patroon is in Engels maar baie goed uiteengesit met fotos om te volg.

Nota: Die beertjie se armpies is baie lank, persoonlik sal ek dit bietjie korter hekel.

Die bogenoemde patroon het 'n soortgelyke kombersie as myne, maar soos jy op die fotos kan sien in myne meer geplooid.

Maak ‘n bypassende babakombersie van dieselfde patroon deur net meer rye te hekel, of  kyk gerus na my lollipop kombers om ‘n ronde babakombers te maak.

So lyk myne gemaak met Caron Colour Crush:

Haakenhekel.blogspot.com

Teken gerus gratis in met u e-pos adres om kennis te kry van enige nuwe plasings. 

Kontak my as u 'n pdf patroon @R20 wil ontvang.

Alle patrone word geskep om so akkuraat as moontlik te wees, maar is deur my geskryf en net deur my getoets so 'n fout kon moontlik insluip. Kontak my gerus indien u ‘n fout vind of ‘n vraag het. Plaas gerus ‘n foto van u voltooide produk.

KOPIEREG © 2121 ADEVOS

Alle materiële kopiereg is die van A de Vos (Haakenhekel.blogspot.com), tensy anders vermeld. Moet asseblief nie enige van my patrone herdruk, publiseer of plaas as jou eie nie. Moet asseblief nie my foto’s gebruik as jou eie nie. Jy mag wel jou finale produk verkoop, maar nie my patrone nie.  


Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Die maklikste vingerlose gebreide handskoene ooit!

Die basiese Ouma-blokkie / kombers

Gebreide sokkie patroon