Ken en Barbie (2) Barbie: Warm Winterpakkie (Los oortrui, romp, hoed, skoene en serp)
Gratis Breipatroon. Vlak: Maklik tot Intermediër (Moet kan verminder en vermeerder, afheg en aanheg en in meer as een steek kan brei). Barbie: Warm Winterpakkie (Los oortrui, romp, hoed, skoene en serp) OORTRUI Benodig : 3.75mm en 4mm breinaalde Dubbeldraad jaarn in kleur van u keuse (2 kleure van dieselfde dikte jaarn as u ‘n streeptrui wil brei) Agterpant en Voorpant : 1. Met 4mm breinaalde , stel 18 steke op en werk in ribsteek (regs 1, aweregs 1) vir 3 rye. 2. Brei verder vir 16 rye in koussteek (1 ry regs, 1 ry aweregs). (as jy graag ‘n streeptrui wil brei, brei 4 rye in kleur A en dan 4 rye in kleur B. Herhaal.) 3. Heg ‘n merker aan weerskante om die armholte aan te dui, 4. Werk nog 8 rye in die patroon steek. 5. Heg 4 steke af van die begin van die volgende ry. Brei aweregs 10 steke (nekband), brei die laaste 4 steke regs. 6. Heg 4 steke af aan die begin van die volgende ry. Brei aweregs 10 steke. 7. Brei die volgende ry regs en