Riffel Lollipop troosbersie
Gratis patroon. Maklik. Nako Baby Lollipop jaarn (of enige dubbelbrei babawol van jou keuse) 1 x 100g bolle van 1 kleur of veelkleurig. Effe kleur om rand af te rond. Lollipop is 'n veelkleuringe wol en kleure word nie geheg nie. 5mm hekelnaald (of kleiner as jy baie los hekel). Ek neem nie spanning nie omdat hierdie kombersie enige grootte kan wees. Afkortings: Ks = kettingsteek Gs = glipsteek Kb = kortbeen Lb = langbeen Groot skulpie = 2 lb, 2 ks, 2 lb Klein skulpie = 1lb, 2 ks, 1 lb. Instruksies : Hekel die kombersie in die rondte. Maak 2 ks in die begin van elke rondte i.p.v. 3 om 1e lb te vorm; dit lyk netjieser. Maak 6 ks. Heg met gs in die eerste ks om ring te vorm. Ry 1: Maak 2ks (tel as 1e lb) maak nog 11 lb in die ring. (12 lb) Heg met gs. Ry 2: 1 lb in dieselfde st en dan 2 lb in elke steek rondom (24 lb). Heg met gs. Ry 3: Maak 2 ks, *skip volgende lb. werk (1 lb, 2 ks, 1 lb) in die volgende steek. Herhaal van * reg