Maklike winter chunky slippers vir 'n man
Gratis patroon Afkortings : st = steke ks = kettingsteek gs = glipsteek kb = kortbeen lb = langbeen ry = rondte Patroon: Hierdie patroon is vir 'n ongeveer no 9 - 10 skoen Ek gebruik so 1 en 1/2 bol Chunky wol en 6 mm hekelnaald. INDIEN U DIE SLIPPER LANGER WIL MAAK HEKEL MEER RYE TOTDAT DIE SLIPPER DIE REGTE LENGTE IS. Metode: Ry 1: Maak 4 ks. (Hierdie tel as 1 lb). Gs in eerste ks en maak nog 9 lb in die steek. Heg aan 1st met gs vas. (10st) Ry 2: Maak 3 ks (tel as lb). Maak nog lb in dieselfde st. Maak 2 lb in elke steek reg rondom. Heg aan 1st met gs vas. (20st) Ry 3: Maak 3 ks (tel as lb). Maak nog 1 lb in dieselfde steek. Maak dan 'n lb in die volgende drie steke en dan 2 lb in volgende steek*, herhaal reg rondom. Heg aan 1st met gs vas. (25st) Ry 4 -11: Maak 3 ks (tel as lb). Maak lb in elke steek reg rondom. Heg met gs. Ry 12: Maak 3 ks (tel as lb). Maak 'n lb in elke steek wat volg. (18st). Ry