Plasings

Wys tans plasings vanaf 2021

Somer Bolero vir ‘n dogter

Prent
Gratis patroon. Vlak: Gevorderde beginner. Hierdie patroon is ideaal vir iemand wat graag meer as een patroonsteek wil baasraak. Hierdie bolero is vir grootte 8-10 jaar maar kan in enige grootte gehekel word deur net steke en rye te vermeerder of te verminder. Wol :                       Pulskein Classic 150g Naald :                   5 mm (gebruik groter naald as jy styf hekel) Afkortings : Ks            -               kettingsteek Gs            -               glipsteek Kb            -               kortbeen Hlb          -               halwe langbeen (kyk gerus hoe om ‘n halwe langbeen te hekel deur na         die kort video te kyk https://www.youtube.com/watch?v=9FbMBsca-BA ) Lb            -               langbeen (kyk gerus hoe om ‘n langbeen te hekel deur na die kort video te kyk langbeen https://www.youtube.com/watch?v=vmtu-QlyPXg ) Dblb        -               dubbelslag langbeen (kyk gerus hoe om hierdie steek te maak deur na die kort video te kyk h

Hekel 'n oortrektrui in enige grootte

Prent
Gratis patroon vir enige grootte. Vlak: Intermediër  - Vir 'n meer bedrewe hekelhennetjie wat al gemaklik is om met naald, wol en steke te eksperimenteer. Hierdie patroon kan aangepas word vir enige grootte trui. Dit is 'n "hoe om te maak patroon" sonder spesifieke ry of steek aanwysings.  Jy benodig wel 'n top of trui wat gemaklik pas waarteen jy jou trui gaan meet. Gebruik naaldgrootte en patroonsteek van u keuse. Ek het slegs kort- en langbene gebruik. Ek het dubbeldraadwol en 5mm naald gebruik. (Die bont wol is seker nie ideaal vir die patroon nie, maar sus is mal oor die verskillende strepe en blokpatrone.) AFKORTINGS: Gs        =          glipsteek Ks        =          kettingsteek Lb        =          langbeen Kb          =             kortbeen Vermindering is deur 2 steke tesame te hekel. Metode : Die voorpant en agterkant word dieselfde gehekel. RIB Ry 1:          Maak 10 kettingsteke. Ry 2:          Maak 'n kb in die 2e ks van die naald. Maak nou 

‘n Hondejassie van Ouma Blokkies

Prent
  Gratis patroon Ek het sommer ouma blokkies begin hekel om van my oorskietwol ontslae te raak, maar toe die winter so vinnig toeslaan het dit gou ‘n ander doel gekry. Hierdie jassie is in ‘n groot mate ‘n meet-en-pas projek. Maak die jassie vir jou hondekind so groot as wat nodig is. My hondekind is ‘n mongrel en ongeveer so groot soos ‘n Spaniel. Nota : Vir kleiner hond, maak kleiner of minder blokkies. Vir groter hond, maak groter of meer blokkies. Benodighede: Dubbeldraad breiwol (oorskietstukkies) 5mm hekelnaald Wolnaald om flenters weg te werk. (My flenters is meesal sommer ingehekel). Hoe om blokkie te brei: Ek het die gewone blokkie effens verander om dit bietjie interessant te maak, maar dit staan jou vry om die gewone ouma-blokkie te maak. Sien gerus my blog: Die basiese Ouma-blokkie . AFKORTINGS: Gs        =          glipsteek Ks        =          kettingsteek Lb        =          langbeen   HOE OM TE BEGIN: 1. Begin deur ‘n glipsteek op jou naald te maak. Maak

Pragtig in Pienk (Poncho met mou, poniestert mus en dasserp)

Prent
Gratis patroon vir dogtertjie van ongeveer 6-8 jaar oud Hierdie patroon is pas vir meer as een seisoen want sus groei in dit in. Benodig: 3 x 100g dubbelbrei wol in hoofkleur  (ek het Pulskein se Charity - Tiger Cerise gebruik). 1 x 100g dubbelbrei wol in kontraskleur (ek het Pulskein se Charity – be my Valentine gebruik). 5mm hekelpen (as jy baie los hekel gebruik ‘n kleiner naald). 2 merkers Wolnaald om drade weg te werk 2 krale Skêr Afkortings: Ks         =          kettingsteek Kb        =          kortbeen Lb        =          langbeen Hlb       =          halwe langbeen Gs        =          glipsteek   Enkel V-steek: 2 lb in dieselfde spasie, 1 ks  Dubbel V-steek: 2lb, 1ks, 2lb in dieselfde spasie   Metode vir Poncho: Maak 97 ks. Heg om ring te vorm. ( Tip : om seker te maak dat die stert nie draai nie, maak so ±10 ks en plaas die 1e st op jou hekelnaald. Soos die stert langer word bly die steke in plek en dit heg makliker).   Ry 1:    Maak 1ks, kb in dieselfde steek. Kb in elke