Plasings

Wys tans plasings vanaf Mei, 2020

Gebreide sokkie patroon

Prent
Patroon vir gebreide sokkies Oorspronklike patroon deur ©Katarina Mushyn Ek neem glad nie krediet vir hierdie patroon nie, en het slegs op versoek die patroon vertaal. Ek het dus ook nie die patroon getoets nie, so doen dit gerus en laat weet asseblief as daar foute is of dit nie uitwerk nie. Grootte 37 – 38 (5-6, medium voet) maklik om grootte te verander, sien video https://youtu.be/y20O8TO7zGw Benodig : Alize Lana Gold jaarn 100g – kleur A (geel) en kleur B (groen), 3.5 mm breinaalde Afkortings : rs = randsteek  = brei elke 1e steek van die ry aweregs om mooi af te rond ggb = glip glip brei  = glip 2 steke na naald sonder om te brei. Brei nou hierdie twee steke tesame deur naald deur die voorkant van die twee steke te steek. Dit verminder 1 steek. r2tes = brei regs 2 tesame do = draad oor naald adl = agter deur lus Metode : Begin deur 44 steke op naald te sit met kleur A. *Brei 2 rye in rifsteek (r1,aw1) met kleur A. Brei 4 rye

Purper en pers plesier ... maklike oorgooi kombers

Prent
Hekel kombers in ouma blokkie patroon  (gratis patroon, slegs vir eie gebruik)  (gratis patroon slegs  vir tuisgebruik of vir die omgee kas).  Hierdie kombers word soos jy vorder aanmekaar gehekel en dis ‘n heerlike winter projek omdat jy sommer onder jou kombers kan sit terwyl jy hekel! Maklik vir beginners – ‘n meet en pas, ‘n afvalwol patroon Benodigdhede: ·         5mm hekelnaald ·         Stopnaald om wolle weg te werk (probeer sover as moontlik die los rafels vashekel of wegwerk soos jy aangaan om moeite te spaar.) ·        Ongeveer 9 – 10 100g bolle dubbelbrei wol in die kleure van die keuse. (    ( Hou ingedagte omdat woldikte in kleure en make van wol verskil sal jy moontlik meer of minder wol gebruik. Hierdie kombers is ‘n omgee-produk so ek het die kleure gemeet en pas soos ek aangaan. As jy 5 kleure van 2 bolle elk het sal dit meer as genoeg wees om die blokke en rand te vorm.) Die basiese patroon bestaan uit ‘n ouma-blokkie met 6 ry

Maak 'n vinnige lap masker

Prent
Maak ‘n vinnige masker Benodig: katoenlap Rek: Vir ore 2 x 15 cm stukke OF Agter die kop 1 x 30 cm en 1 x 27 cm stukke Metode: Sny 2 stroke lap 50cm x 17cm Vou elke lap in die helfte sodat dit 25cm x 17 cm is Met omkapmasjien werk die sykante en onderkant toe, of sig-sag met klein sig-sag steek die kante om. Om plooie te maak: Merk jou lap van die onderkant af (die kant wat jy omgekap het), 3cm, 7cm en 13cm.  Vou nou die lap van die bokant af in ‘n plooi deur die 7cm merk op die 3cm merk te plaas. (Die plooi is ongeveer 2 cm breed). Vou nou weer die lap van die bokant af in ‘n plooi deur die 13cm merk op die7cm merk te plaas. (Die plooi is ook ongeveer 2 cm breed). Stik nou aan die verkeerde kant langs die kant op sodat die plooie mooi vasgewerk is. Rek vir om die ore: Plaas die een rekkie aan die een kant onder en aan dieselfde kant aan die bokant. Sig-sag stewig vas. Doen dieselfde met die ander rekkie aan die ander kant. (D

Baba brei truitjie en mussie vir die Omgee-kas

Prent
Gratis patroon – Baie maklik (in Afrikaans en Engels). Hierdie gebreide frokkie se patroon sirkuleer die wêreld vol en ek gee graag krediet aan die webwerwe waar dit te vinde is. Oorspronklik is hierdie frokkies gebrei vir pasgebore en weesbabatjies wat baie maal in koerantpapier toegedraai gevind is, vandaar die naam “fish and chip jumper”. Ek gee dus graag hierdie patroon in Afrikaans met die voorwaarde dat dit slegs vir tuisgebruik en/of welsynsprojekte gebruik word. Dit is baie maklik en beginners vriendelik. So, kleinsus kan vir haar babapop self ‘n truitjie brei. Hierdie truitjie is vir enige grootte baba. Baba groei in hom in. Indien jy kleiner naalde en 4 draad wol gebruik sal die truitjie vir ‘n pasgebore of premie baba wees. Benodigdhede: Ongeveer 150g 8-ply (Double knit) wol – afvalwol is ideaal 5mm of 4mm naald (afhangende of jy styf of slap brei) Afkortings R= regs Aw = aweregs Ks = koussteek – 1 ry r en 1 r aw 2te = brei 2 steke