Plasings

Wys tans plasings vanaf 2017

Geskenk idee vir die Kerstafel

Prent
Hier is my Kersfeesversierings besig om te droog. Met silwer lintjies aan word dit as geskenkies om servette gebind en daarna kan dit kersboom toe. Hieronder volg 'n paar skakels wat ek as die basiese idee gebruik het en aangepas het sodat daar nie twee van dieselfde is nie. Gaan google gerus, daar is patrone te kies en te keur en dit is glad nie moeilik nie en gebruik min gare. http://thesteadyhandblog.com/10-free-angel-crochet-patterns/ http://ochetpatterns.net/crocheted-bookmark-pattern/ http://pattfree.com/crochet-snowflake-patterns/ Om te stywe: Meng projek of houtgom met water 1:1 en plaas plat neer om te droog. Bling dit: Gooi blinkers in gommengsel of strooi dit oor vormpie as nog nat dat dit kan klou. Geniet!

'n Poncho vir 'n lente-oggend wat nog byt

Prent
Ek het double knit wol gebruik in  ligpienk, pienk en pers en naald 4.5 mm. Ek dink grys, swart en rooi sal ook treffend wees. Enkel of twee kleure kan ook gebruik word of alle kleure met oorskietwol. Aanwysings : Al wat jy moet doen is om 'n ketting te maak groot genoeg om oor die kind se kop te gaan. Dit is belangrik dat jy dit in 'n getal deelbaar deur 8 maak. (ek dink ek het 96 kettings gemaak). Volg dan die grafiek.  Om af te rond het ek 2 rye kortbeentjies by die nekkie gemaak asook 'n toutjie gehekel en deur die 1e ry langbeentjies geryg om die poncho by die nekkie in te trek. Fraiings: Ek het 3 toutjies ewe lank gesny en deur die onderste ry geknoop om fraiings te maak. Die patroon is maklik en vinnig en kan groter of kleiner gemaak word deur  minder kettings te maak of 'n dunner wol of naald te gebruik. As julle dit gemaak het, stuur asseblief vir my 'n foto. Groete tot volgende keer.

'n Serpie vir die pad

Prent
Hekel ‘n veelkleurige halsdoek serp Sommer laas week vir 'n vinnige heen-en-weertjie saam met goeie vriende Mosambiek toe. In Villa Flippennice net anderkant Xai-Xai gebly en dit baie geniet. Die enigste nadeel was dat die pad baie lank was. https://www.facebook.com/FlippeniceVilla/ Oppad soontoe het ek sommer blokkies gehekel  om myself besig te hou. Oppad terug het ek my vriendin die basiese beginsels van hekel geleer en sommer vir haar 'n serpie gehekel. Ek het van driedubbel langbene gebruik gemaak met 'n lekker chunky veelkleurige wol  (ek het 1 bol gebruik) en 'n 5mm hekelpen. Hoe om die serp te hekel Hekel ‘n ketting van 20 kettingsteke. Hekel nou 4 kettings by (dit is die draai steek).  Wol oor pen 2 keer. Steek pen in die 5e kettingsteke van die pen. Wol oor pen en trek pen met wol terug deur die kettingsteek. Jy sal dan 4 lussies op jou pen hê. Wol oor pen en trek deur eerste 2 lussies op die pen. Wol oor pen en trek deur die volgende t

Strepe truitjie vir 'n streepmuis

Prent
Ek het laasjaar 'n truitjie begin hekel. Hierdie patroon kom uit die "Hekel saam met Vrouekeur vir Meisies, no3" boekie van Vrouekeur deur Christa Swanepoel. Die wegwerk van die wolle van die strepe is egter baie moeite! Mikyla het te vinnig gegroei so die truitjie is te klein vir haar, so dit gaan welsyntas toe. Mikyla kan darem die haarband dra. Ek sal met graagte die patroon aanstuur as julle my vra.

Poncho pret

Prent
Mikyla kuier die vakansie by haar ouma in Boshoff. So wil ek vir haar 'n japon maak maar my kinders wou dit nooit dra nie. So, hoekom nie 'n warm fleecy poncho nie? Die kan sy sommer aanhou as die sonnetjie yl is. Sommer dubbeld gemaak vir dubbele warmte. En was sy nie ingenome nie!. Dis bietjie groot maar sy sal dit dan volgende jaar weer kan dra. Ek wil nou nog vir haar 'n enkellaag poncho maak want die een is baie warm. Hier is die link wat  my die idee gegee het. Ek het myne nie omgehekel nie. https://thegreendragonfly.wordpress.com/2013/07/10/reversible-poncho-with-a-crochet-edge/ Ek sal tog volgende keer onthou om poplap se deurmekaar krulkop te tem voordat ek die foto neem!

'n Mus vir die koue

Prent
5 Julie 2017 Die winter byt maar Mikyla kry nie koud nie. Hier is sy met 'n mussie wat by haar truitjie pas. Dit hekel sommer in 'n japtrap. Wat dit 'n lekker patroon maak is dat dit in verskeie groottes bekikbaar is. Die patroon is 'n treffer en hier is die skakel: http://mangotreecrafts.blogspot.co.za/2015/02/free-basic-beanie-crochet-pattern-all.html Ek is lief daarvoor om met 'n patroon te speel (word gou verveeld, sien). So het ek sommer nog 'n mus gebrei. Net die steek-patroon effe verander. Ek was  verras om te sien hoe oulik die streep in 'n spiraal uitgewerk het. En vir die skop het dit 'n blom en pom-pom gekry.

''n Hekeltrui vir 'n Dogter

Prent
Wintergroete uit die Noord-Kaap, Ek dreig al so lank om 'n blog te doen, en hier is dit uiteindelik. So, hier deel ek met julle sommer goeters, katoeters en geite. Julle wat my ken weet ek het 'n peetdogtertjie 'aangeneem' waarmee ek "ouma" speel. Sy is ook my guinea-pig en ek brei en hekel gereeld truitjies en goeters vir haar. Ek plaas dus graag 'n foto van haar en 'n truitjie wat ek gehekel het asook die skakel na die gratis patroon. http://www.redheart.com/free-patterns/fun-time-cardigan As ek 'n kansie kry sal ek die patroon in Afrikaans vertaal, sou julle wou. Mikyla het vinniger gegroei as wat ek gedink het, maar om die probleem op te los het ek sommer die ribs langer gehekel en 'n randstrook rondom die pante voordat ek dit aanmekaar geheg het. Dit het die nodige spasie gegee wat ek nodig gehad het. Groete dan tot volgende keer ... Ansie