''n Hekeltrui vir 'n Dogter

Wintergroete uit die Noord-Kaap,

Ek dreig al so lank om 'n blog te doen, en hier is dit uiteindelik. So, hier deel ek met julle sommer goeters, katoeters en geite.

Julle wat my ken weet ek het 'n peetdogtertjie 'aangeneem' waarmee ek "ouma" speel. Sy is ook my guinea-pig en ek brei en hekel gereeld truitjies en goeters vir haar.

Ek plaas dus graag 'n foto van haar en 'n truitjie wat ek gehekel het asook die skakel na die gratis patroon.
http://www.redheart.com/free-patterns/fun-time-cardigan
As ek 'n kansie kry sal ek die patroon in Afrikaans vertaal, sou julle wou.

Mikyla het vinniger gegroei as wat ek gedink het, maar om die probleem op te los het ek sommer die ribs langer gehekel en 'n randstrook rondom die pante voordat ek dit aanmekaar geheg het. Dit het die nodige spasie gegee wat ek nodig gehad het.

Groete dan tot volgende keer ...

Ansie

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Die maklikste vingerlose gebreide handskoene ooit!

Die basiese Ouma-blokkie / kombers

Gebreide sokkie patroon