Poncho pret

Mikyla kuier die vakansie by haar ouma in Boshoff. So wil ek vir haar 'n japon maak maar my kinders wou dit nooit dra nie. So, hoekom nie 'n warm fleecy poncho nie? Die kan sy sommer aanhou as die sonnetjie yl is. Sommer dubbeld gemaak vir dubbele warmte. En was sy nie ingenome nie!. Dis bietjie groot maar sy sal dit dan volgende jaar weer kan dra. Ek wil nou nog vir haar 'n enkellaag poncho maak want die een is baie warm.

Hier is die link wat  my die idee gegee het. Ek het myne nie omgehekel nie.
https://thegreendragonfly.wordpress.com/2013/07/10/reversible-poncho-with-a-crochet-edge/


Ek sal tog volgende keer onthou om poplap se deurmekaar krulkop te tem voordat ek die foto neem!








Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Die maklikste vingerlose gebreide handskoene ooit!

Die basiese Ouma-blokkie / kombers

Gebreide sokkie patroon