'n Mus vir die koue

5 Julie 2017

Die winter byt maar Mikyla kry nie koud nie. Hier is sy met 'n mussie wat by haar truitjie pas. Dit hekel sommer in 'n japtrap. Wat dit 'n lekker patroon maak is dat dit in verskeie groottes bekikbaar is.
Die patroon is 'n treffer en hier is die skakel:
http://mangotreecrafts.blogspot.co.za/2015/02/free-basic-beanie-crochet-pattern-all.html



Ek is lief daarvoor om met 'n patroon te speel (word gou verveeld, sien). So het ek sommer nog 'n mus gebrei. Net die steek-patroon effe verander. Ek was  verras om te sien hoe oulik die streep in 'n spiraal uitgewerk het. En vir die skop het dit 'n blom en pom-pom gekry.




Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Die maklikste vingerlose gebreide handskoene ooit!

Die basiese Ouma-blokkie / kombers

Gebreide sokkie patroon