Maklike bolero vir 'n dogter





Hierdie patroon kom uit die "hekel vir Meisies no 3" boekie van Vrouekeur deur Christa Swanepoel.


Daar is egter dosyne van hierdie sirkel boleros patrone op die internet.
Gaan soek gerus op Pinterest "circle bolero for kids crochet pattern" en daar is vele variasies beskikbaar. Laat 'n boodskap met jou e-pos adres en ek stuur die patroon vir jou aan.

Die patroon lyk oorspronklik ingewikkeld maar is eintlik baie eenvoudig.
In variteit wol sal die effek baie mooi wees.

Die pienk bolero was bietjie groot want die wol was bietjie meer chunky, maar die blou een pas mooi.


Ek het egter koordjies vasgehekel om die bolero vas te maak anders pla dit as daar gespeel word. Ek het ook 'n ligter kleur koordjie bo gesit sodat madam kan weet watter kant bo moet wees.


Indien jy sukkel om die patroon op te spoor kontak my gerus en teken in op my blog om kennis van nuwe plasings te kry.

Lekker hekel.
A





Opmerkings

  1. Hallo. Waar kry ek die patroon vir Maklike bolero vir 'n dogter

    AntwoordVee uit
  2. My boeke is ongelukkig in bokse, maar hier is 'n link vir jou https://shyamanivas.blogspot.com/2014/08/one-piece-easy-bolero-child-adult-sizes.html

    AntwoordVee uit

Plaas 'n opmerking

Gewilde plasings van hierdie blog

Die maklikste vingerlose gebreide handskoene ooit!

Die basiese Ouma-blokkie / kombers

Gebreide sokkie patroon