'n Sonskyn somer oortrektruitjie


Ek  wou vir Mikyla 'n trui vir die winter hekel. My geel wol was egter nie genoeg nie, en toe ek die moue met die kontrasterende ligbruin aanpak verskil die wol soveel dat die moue hopeloos te klein is.

Toe besluit ek om die truitjie te "pimp" na 'n somertruitjie toe, want die tyd van die jaar is dit mos vier seisoene in 'n dag.


Ek het die patroon van lofelife gebruik vir die truitjie se voor en agterpant:

http://lovelifeyarn.com/2017/09/boys-shawl-collared-sweater.html/

Daarna het ek die moue met kortbene omgehekel en toe dieselfde ribpatroon as vir die nek gebruik om die mousgate om te hekel en af te rond.

'n Vrolike blom kikker die truitjie op en maak dit meer 'vroulik', maar vir 'n seuntjie laat jy die blom weg.

Die patroon is nie te moeilik nie en word in clusters gewerk. Die effek is regtig mooi en dit lyk of dit gebrei is.

Geniet die patroon.

Kontak my gerus sou jy die patroon in Afrikaans verkies.

Lekker hekel.

Teken in met jou epos adres om kennis van nuwe patrone te kry!

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Die maklikste vingerlose gebreide handskoene ooit!

Die basiese Ouma-blokkie / kombers

Gebreide sokkie patroon