Plasings

Wys tans plasings vanaf 2019

Maklike bolero vir 'n dogter

Prent
Hierdie patroon kom uit die "hekel vir Meisies no 3" boekie van Vrouekeur deur Christa Swanepoel. Daar is egter dosyne van hierdie sirkel boleros patrone op die internet. Gaan soek gerus op Pinterest "circle bolero for kids crochet pattern" en daar is vele variasies beskikbaar. Laat 'n boodskap met jou e-pos adres en ek stuur die patroon vir jou aan. Die patroon lyk oorspronklik ingewikkeld maar is eintlik baie eenvoudig. In variteit wol sal die effek baie mooi wees. Die pienk bolero was bietjie groot want die wol was bietjie meer chunky, maar die blou een pas mooi. Ek het egter koordjies vasgehekel om die bolero vas te maak anders pla dit as daar gespeel word. Ek het ook 'n ligter kleur koordjie bo gesit sodat madam kan weet watter kant bo moet wees. Indien jy sukkel om die patroon op te spoor kontak my gerus en teken in op my blog om kennis van nuwe plasings te kry. Lekker hekel. A ♥

Maklike Slippers vir sommer so - gratis patroon

Prent
Vir die laaste paar jaar ondersteun ons kerk die kinderhuis in Reddersburg met brei en hekel projekte. Ek het al soveel musse, serpe en bedsokkies gehekel. Ek gee graag vir julle hier 'n basiese slipper patroon wat julle kan aanpas. Ek gee ook voorstelle van hoe om dit groter of kleiner te maak. Hierdie patroon werk vinnig en is baie veelsydig. Ek gee ook 'n skakel na skoengrotes sodat jy kan weet hoe lank om jou slipper te maak. NOTAS : Onthou net dat wol rek, so maak die slipper maar so 1 - 2 cm korter as wat die skoengrote is sodat dit lekker styf kan  sit.  Persoonlik verkies ek om die boonste rand meer rye te maak sodat dit eerder soos 'n sokkie pas en nie so maklik kan afgly nie. Probeer om dieselfde dikte wol te gebruik as jy meer as een kleur in jou sokkie gebruik. Vir 'n groter sokkie kan groter naalde en dikker wol gebruik word. Vir 'n kleiner sokkie kan dunner wol en kleiner naalde gebruik word. Vir 'n groter voet moet meer rye

'n Sonskyn somer oortrektruitjie

Prent
Ek  wou vir Mikyla 'n trui vir die winter hekel. My geel wol was egter nie genoeg nie, en toe ek die moue met die kontrasterende ligbruin aanpak verskil die wol soveel dat die moue hopeloos te klein is. Toe besluit ek om die truitjie te "pimp" na 'n somertruitjie toe, want die tyd van die jaar is dit mos vier seisoene in 'n dag. Ek het die patroon van lofelife gebruik vir die truitjie se voor en agterpant: http://lovelifeyarn.com/2017/09/boys-shawl-collared-sweater.html/ Daarna het ek die moue met kortbene omgehekel en toe dieselfde ribpatroon as vir die nek gebruik om die mousgate om te hekel en af te rond. 'n Vrolike blom kikker die truitjie op en maak dit meer 'vroulik', maar vir 'n seuntjie laat jy die blom weg. Die patroon is nie te moeilik nie en word in clusters gewerk. Die effek is regtig mooi en dit lyk of dit gebrei is. Geniet die patroon. Kontak my gerus sou jy die patroon in Afrikaans verkies. Lekker hekel. Tek

Randjie vir 'n hoek-tot-hoek kombersie. (Corner to corner C2C)

Prent
So, my corner to corner kombers is uiteindelik klaar. Dit vat my twee winters om 'n kombers klaar te maak, maar die lekker daarvan is om onder die kombers warm te broei terwyl jy dit hekel. Ek het hierdie C2C met Kismet Yarns se Cascade gehekel met 'n 3,5mm naald. Ek sal dalk volgende keer 'n 4mm naald gebruik. Die eindresultaat met die variëteit kleur draad is treffend en die kombers is baie warm. Ek het myne groot genoeg gehekel vir 'n kot of kleuter om nog lank te kan gebruik. Dit is selfs groot genoeg vir 'n kniekombers. Die C2C patroon is algemeen op die internet te kry. Ek kon nie op 'n  randjie besluit nie en het op die ou end my eie ontwerp. Ek plaas die patroon hieronder. Die patroon het perfek uitgewerk en het ook 'n netjiese hoek afgerond. Ek het 'n gewone roomkleur vir die rand gebruik en dit ook met 'n 3.5mm naald gehekel. RANDJIE VIR 'n C2C: Nota: Gebruik dieselfde dikte draad  in kontrasterende kleur en dieselfde nomm

Poncho met 'n moutjie

Prent
My 'peetkinders' het elkeen 'n kortmou poncho gekry om die koel herfsdae aan te durf.  Dit is regtig maklik en kan vinnig klaar. Ek hou van die "mou" idee omdat 'n gewone poncho met speeltyd net altyd in die pad is. Hierdie moutjie is amper soos 'n kortmou truitjie en baie gemaklik. Probeer hierdie een gerus! Dit is ook 'n lekker vinnige patroon vir 'charity' projekte. Krediet en oorspronklike patroon (c) http://emeraldmooncreations.tripod.com/id15.html

Dasserp en mus vir die skool

Prent
Die winter is alweer op ons en die kinderhuis is weer in die nood. Ek het hierdie keer dasserpe en musse vir die dogtertjies gehekel. Die dasserpe hekel vinniger omdat dit net 'n 'halwe' serp is.  Dit dra ook gemakliker omdat dit nie so groot bondel om die nek maak nie en maklik onder die sweetpaktop of trui ingesteek kan word sonder om te dik te staan. Om die Dasserp te hekel: Hierdie patroon is vir laerskoolkinders, Vir groter kinders kan meer steke en rye bygevoeg word. Nr 6 hekelnaald  Dubbelbrei wol in die kleur van die skool Skêr en naald om toe te werk Maak 18 kettingsteke. (Laat 'n wolstert in die begin om  mee toe te werk). Draai en werk in 3e steek van die naald om die 1e langbeen te vorm. Voltooi die ry deur in elke kettingsteek 'n langbeentjie te maak. Draai. Maak 3 kettingsteke om die 1e langbeen te vorm.  Voltooi die ry deur 'n langbeen in elke vorige ry se langbeen te werk. Draai en gaan so voort totdat die werk ong

Olifant troosbersie

Prent
OLIFANT TROOSBERSIE Hier volg my patroon: Kombersie:  My grootte = 45cm x 45 cm. Jy kan hom so groot maak as wat jy wil. Die norm is egter ongeveer 36cm x 43cm vir 'n troosbersie) Hierdie kombersie is basies net 'n groot heksagoon  blokkie. (Google: Hexagon granny square). Die gevolg is dat die kombersie effens plooi. Benodig : Ek het dubbelbrei (Lollipop dubble knit) wol in 3 kleure gebruik. Naaldgrootte: 5mm 'n Merker om die rye te kan tel (ek gebruik sommer 'n paperclip). Jy kan enige wol gebruik en enige naaldgrootte gebruik. Naaldgrootte sal 'n effek op die grootte van die kombersie hê. Ek het na elke 2e ry van kleur verander. Jy kan self besluit of jy kleur wil verander en na hoeveel rye. Afkortings: Ks       =        kettingsteek kb      =        kortbeen lb       =        langbeen Hlb      =          halwe langbeen gs      =        glipsteek R        =        rondte/ry Instruksies: Met kleur A  maak 7 ks. Heg met gs

Kleuterkombers met olifantjies op die rand

Prent
OLIFANT KLEUTERKOMBERS Benodig: Naaldgrootte: 5mm Wol: Dubbeldraad, 3 kleure van jou keuse. (Ek het dieselfde wol gebruik soos vir die olifant troosbersie (Lollipop double knit in 3) Afkortings: Ks    =      kettingsteek kb     =      kortbeen lb     =      langbeen Hlb    =       halwe langbeen gs     =      glipsteek                                              R      =      rondte/ry Ek het die kleuterkombers gehekel deur ‘n gewone granny square patroon te gebruik. (Google: Granny square blanket vir nog idees) Jy is egter welkom om die hele kombersie een of twee kleure te hekel. Onthou egter net dat wol van dikte kan verskil as dit verskillende make is. Gewone kleuterkombersies is ongeveer 107cm x 132cm. Myne is vierkantig en ongeveer 120cm x 120 cm.  Jy kan die kombersie so groot maak as wat jy wil.   Instruksies: R1:    Ks 3, 2lb in die 1e ks, ks1. Maak nou ‘n lb trossie: *3lb in dieselfde steek, ks 1* x 3 keer. Gs in die bokant van die begi